Thursday 3 April 2014

“Denial ain't just a river in Egypt…” ~ Mark Twain


Haloes! J

“Denial ain't just a river in Egypt…” ~ Mark Twain

1 Timothy 4:12

“Don't let anyone look down on you because you are young, but set an example for the believers in speech, in life, in love, in faith and in purity…”

Proverbs 3:5,6

“Trust in the Lord with all your heart and lean not on your own understanding; in all your ways acknowledge him and he will make your paths straight…”

“When one door of happiness closes, another opens…  But often we look so long at the closed door, that we do not see the one that has been opened for us…” ~ Helen Keller

“Moenie goed vir ‘n spesiale geleentheid spaar nie…  Elke dag van jou lewe is ‘n spesiale geleentheid…” ~ Thomas S Monson

Ek is nie gespanne nie?!  Wat praat jy?!  Het jy dalk onlangs in ‘n spieël gekyk?  Want ek dink jou gesig SPEL stress?  Sterk wees – dit is iets wat ons as Suid-Afrikaners, baie keer voel ons behoort te wees…  Jy kan nie bekostig om ‘n “krakie in jou mondering” te wys nie – want weakness is nie ‘n eienskap wat baie aantreklik is nie!!  Ek wil byvoeg deur te sê – “denial” ook nie J  Want die gras LYK maar altyd net groener aan die ander kant…  Elkeen van ons, het sy eie, unieke probleme, waarmee ons daagliks gekonfronteer word…  Dis nie net “sommige mense” wat deurloop nie!  ELKEEN van ons, daagliks - elkeen op ons eie manier…

Dis iets wat ek op ‘n daaglikse grondslag probeer onthou…  Behandel iemand anders soos wat ek behandel sal wil word, want ons ken nie almal se stories nie…  En mense is baie goed om maskers te dra, en agter daardie maskers te skuil…  Daar is niks fout daarmee om deur moeilike tye te gaan nie…  Daar is ook niks fout daarmee as jy worry, of sukkel nie – inteendeel – ek sal nogals worry as dit heeltyd net goed gaan met jou!  Want die tye waarin ons lewe is MOEILIK…  Dis survival of the fittest, en elkeen jaag net voort om sy plekkie in die son te kry…  Partykeer word daar nie eens geworry oor almal op wie jy moet trap om daar uit te kom nie…  Miskien is jy tans lamgelê deur vrees…  Miskien laat dit jou wakker lê in die nag, en veroorsaak dit dan dat jy nie op jou A-game kan wees in die dag nie…  Miskien is dit “wat-asse” wat jou laat stress, en nie eens dinge waarvan jy seker kan wees nie…  Al hoe mens die worries van die lewe kan aanpak, is dag vir dag, uitdaging per uitdaging…  God is HEELNAG wakker…  Jyt jou slaap nodig sodat jy die uitdagings wat oor jou pad kom met varsheid en nuwe moed te kan aanpak…  Wanneer mens moeg is, is uitdagings groter, probleme erger en mens se oordeelsvermoë swakker…  Gee jou lewe sommer nou oor in God se hande J  Hy.Sal.Sorg…

Blessings!

Anel xx

No comments: