Tuesday 8 April 2014

“Love is what we are born with, fear is what we learn…” ~ Unknown


Haloes! J

“Love is what we are born with, fear is what we learn…” ~ Unknown

Psalm 91:7

“A thousand may fall at your side, and ten thousand at your right hand; but it shall not come near you…”

Nahum 1:7

“The LORD is good, a stronghold in the day of trouble; and He knows those who trust in Him”

“There will come a time when you believe everything is finished. That will be the beginning.”
– Louis L’amour

“Happiness is a journey, not a destination. For a long time it seemed to me that life was about to begin – real life. But there was always some obstacle in the way, something to be gotten through first, some unfinished business, time still to be served, a debt to be paid. At last it dawned on me that these obstacles were my life. This perspective has helped me to see there is no way to happiness. Happiness is the way. So treasure every moment you have and remember that time waits for no one.”– Souza

Ek weet nie of julle onthou toe julle leer swem het vir die eerste keer nie?  Een van my vriendinne se babatjie gaan vir swemlesse op die oomblik, en ek was bevoorreg om een van die videotjies te kon sien… Jy kan sien dat sy ELKE OOMBLIK LOVE!  Die woordjie vrees bestaan nie in haar woordeskat nie, omdat Sy weet dat haar mamma haar nooit sal los nie…  Die wat my ken sal weet dat ek baie kort is (1.55m)…  Dus, is meeste swembaddens se diepkante, twee van my lengtes diep J Voor ek kon swem was ek lekker bang om in te gaan waar ek nie kon staan nie – want ek kon nie beheer hoe ek bo sou kon bly nie…  Sodra die water bo jou kop gaan, is dit maklik om angsbevange te raak as jy nie kan swem nie…  Wat ek die vinnigste geleer het, was dat maak nie saak wat nie – bly net rustig, beheer jou asemhaling en skop J 

Is ons lewens nie die presiese prentjie wat ek hier geskets het nie?  Ons is bang vir die onbekende…  Ons wil nie regtig dit waag waar ons nie kan sien hoe dinge gaan uitwerk nie, en wanneer moeilikhede en uitdagings ons kant toe kom, soos water wat oor ons kop gaan, raak ons angsbevange…  Ons sukkel om asem te haal en om reguit te dink, omdat die “gevaar” of dinge wat verkeerd gaan, soveel groter is as onsself!!  Ons probeer baie keer so hard om dinge in plek te laat val, en hoe harder ons probeer, hoe verkeerder gaan die dinge…  Of ons bid vir God om uitkoms te bring, om vir ons te wys wat dit is wat Hy wil hê ons moet doen, maar God se antwoord kom dan nie vinnig genoeg nie, en dan probeer ons ‘n plan van ons eie maak…  Hoe hanteer jy tans die uitdagings oor jou pad?  Deur heeltyd in vrees te lewe??  Of deur op God te vertrou – maak nie saak wat nie…  As jy dit dalk op die oomblik hanteer deur om te vrees - weet dat dit normaal is…  Ons is gewone mense…  Dis natuurlik dat ons somtyds gaan sukkel om dinge in God se hande te plaas en daar te los…  MAAR – dit is waarna ons moet poog…  Soos armpies jou gaan help om op die water te dryf as jy klein is en nog nie kan swem nie, so sal God jou help om kop bo water te hou, maak nie saak WAT die lewe jou kant toe gooi nie…  Solank ons Hom in beheer stel, om ons te behoed, te bewaar en te beskerm van watookal ons kant toe kom!  As dit iets is waarmee jy sukkel – om God te vertrou, eerder as om die situasies te vrees – sê dit sommer nou vir Hom…  BID vir daardie dinge waarmee jy worstel, en gee dit in Jesus se hande…  Hy is soveel beter as ons daarmee!  Hy sal jou help dat die water van moeilikheid en uitdagings jou nie verswelg nie…  Dat jy jou kop bo water sal kan hou, en dat jy jou voet nie teen ‘n klip sal stamp nie…  Hy sal Sy engele oor jou die wag laat hou…  Kom ons vertrou, soos my vriendin se babatjie, dat God ons NOOIT alleen sal los in die water nie…  Hy sal ons help daar waar ons voete nie grond wil raak nie, en daar waar ons voel asof ons arms en bene nie meer kan nie…  Hy is in beheer…

Blessings!

Anel xx

 

 

 

No comments: