Wednesday 16 April 2014

“The resurrection gives my life meaning and direction and the opportunity to start over no matter what my circumstances…” ~ Robert Flatt

Haloes! J

“The resurrection gives my life meaning and direction and the opportunity to start over no matter what my circumstances…”  ~ Robert Flatt

John 11:25-26

Jesus said to her, "I am the resurrection and the life. He who believes in me will live, even though he dies; and whoever lives and believes in me will never die.

1 Peter 1:3

Praise be to the God and Father of our Lord Jesus Christ! In his great mercy he has given us new birth into a living hope through the resurrection of Jesus Christ from the dead...

The great gift of Easter is hope - Christian hope which makes us have that confidence in God, in his ultimate triumph, and in his goodness and love, which nothing can shake… ~ Basil Hume

"Easter says you can put truth in a grave, but it won't stay there." -- Clarence W. Hall

Een van die ergste dinge is om omring te wees deur baie mense, en heeltemal alleen te voel...  Dit kan baie keer toeskryfbaar wees aan die volgende situasies:  Wanneer mense jou seermaak, of nie vir jou daar is wanneer jy iemand nodig het nie...  Dit kan wees wanneer jy ‘n nuwe werk begin of na ‘n nuwe skool toe moet gaan, en nog niemand ken nie  en almal alreeds gevestigde vriendekringe het...  Asook die onsekerheid wat vir jou voorlê...  Dit kan wees wanneer jy gekonfronteer word met siekte, en niemand anders verstaan wat jy aandurf behalwe jyself nie...  Dit kan wees dat jy iemand dierbaar en baie spesiaal aan die dood moes afstaan...  Dit kan ook wees wanneer mense jou uitskuif omdat jy opstaan vir jou waardes...  Al hierdie dinge het die potensiaal om jou stoksiel alleen te laat voel...

Ek weet elkeen van julle wat vanoggend hierdie lees, was al met ten minste EEN van die bogenoemde situasies gekonfronteer...  Iemand, wat nog nie deur een van die genoemde situasies gegaan het, sal waarskynlik sukkel om jou te kan ondersteun wanneer dinge vir jou so moeilik voel...  Ek dink dis hoekom ons baie keer deur sekere situasies moet gaan - dat jy weer op jou beurt - daar kan wees vir iemand wat deur 'n soortgelyke situasie gaan...  Want jy sal tot 'n mate kan verstaan!  Al weet ons nie altyd hoe om vir ander daar te wees nie, kan ons bid...  Dit is die beste manier van daar wees vir iemand...  Daar is ULTIMATELY net een persoon wat WEET hoe moeilik situasies kan wees, en dit is Jesus Christus...  Ek dink nie daar is iemand wat kan verstaan HOE eensaam en alleen Hy moes gevoel het, toe Hy die dag gekruisig is nie...  Hoe alleen moet jy nie voel, as ALMAL jou verwerp het, jou veroordeel, en met jou die spot dryf nie?  Hy’t self uitgeroep – “My God, my God, waarom het U my verlaat?”  Maar die goeie nuus was dat God Hom NIE verlaat het nie – Hy was deur elke liewe oomblik van Sy pyn en onsekerheid en eensaamheid…  Al voel jy dalk vandag of jy nie waardig is om God se liefde te ontvang nie – WEET asseblief, dat NIKS, maar NIKS wat jy al verkeerd gedoen het, jou van God se liefde kan skei nie…  Hy het jou VERGEWE!  Wanneer jy dit by Sy voete kom neersit, gooi Hy dit in die diepsee, en vergeet Hy daarvan…

Wanneer jy dus weer voel, of NIEMAND verstaan nie...  Of daar niemand is op wie jy kan staatmaak, of niemand wat weet hoe ondraaglik jou pyn of situasie is nie, onthou dat God verstaan!!  En Hy is net ‘n gebed ver...  Hierdie aanhaling is vir my pragtig:  “Bid wanneer jy eensaam voel...  Gebed plaas jou in die teenwoordigheid van engele...”  ~ Keith McClellan...  Sorg dat jy vandag in die teenwoordigheid van engele is...  Enigiets sal dan moontlik wees :)  Ek het 'n liedjie gehoor wat sê - ENIGE IETS kan, as jy geloof het - want NIKS is vir God onmoontlik nie...  Kom ons gaan vandag met dankbaarheid tegemoet – God het gekom sodat ons lewe kan hê – IN OORVLOED!  Dankie Jesus, dat U vir ons kom sterf het aan ‘n houtkruis, maar ook dat U opgestaan het op die derde dag, sodat ons ‘n VOL lewe kan hê…

Blessings!

Anel xx

No comments: