Sunday 13 April 2014

gebedsversoeke...

haloe julle!

Sien asb die onderstaande gebedsversoeke.  Kom ons bid saam vir God se wonderwerke om te geskied!

blessings!

anelxx

Anoniem 1:  My vriendin se seun is 29 en is gediagnoseer met kolonkanker. Hy is Dinsdag geopereer en het vandag (donderdag) uit ICU gekom. Bid asb vir hom en sy familie. Ons weet dat by God niks onmoontlik is nie en vertrou op Hom. Dankie

Anoniem 2:  Bid asb vir Thea en Christo albei siek vra asb dat God wonderwerk doen en hul help
Thea het gewas in Haar slukderm (amper iets soos Kanker) Chrito se Voet moet af gesit word het geen been meer in voet oor nie. Dankie vir al jul wonderlike mense

Anoniem 3:
Ek wil graag he julle moet my in julle gebede hou asseblief, finansieel gaan dit nie goed met my nie en my kind lui ook daar onder. Ek is werksaam maar my salaris gaan elke maand netso vir skuld ek kan nie eers my kind se skoolfooie regtig betaal nie, ek bid en vra vir die here om my te help sodat my finansies net weer op dreef kan kom maar elke liewe maand is daar iets wat ek moet betaal en dan kom ek nie by my ander skuld uit nie en so bly ek in die skuld huidiglik werk ek net vir skuld.
 
Ek kan nie eers regtig waar kos koop nie want daar is nie geld oor nie, ek doen aansoek vir ander werk probeer hard maar kom net nie in aanmerking vir 'n ander werk nie. Indien ek 'n ander werk kry dan sal my finansies bietjie op dreef wees, ek kan nie net my werk los nie want ek sal nie oorleef nie ek het 'n vaste inkomste nodig.
 
My ma is 08 jaar oorlede en vandat my ma gesterwe het gaan dit net sleg met my, my familie is mense wat nie regtig "worry" van jou nie maar as hulle iets nodig het dan verwag hulle jy moet help. Hulle sal nie eers vra hoe gaan dit vandag, het jy iets nodig, kan ek iets doen vir jou nie, gelank dit goed gaan met hulle dan "worry" hulle nie van 'n "next" persoon nie.
 
Ek het nie 'n beste vriend/vriendin of iemand wat ek kan vertrou saam wie ek kan praat nie of dalk kan aan klop as ek iets nodig het nie, ek is 'n persoon wat nie maklik oop maak teenoor ander mense nie want mense het my al te veel teleurgestel nou nog. As jy iemand help dan is jy goed genoeg maar as jy hulp nodig het dan kan hulle jou nie help nie of is nerens te vind nie, somstyds voel dit vir my dat die here net sekere mense "bless" en dan is dit mense wat dit nie werklik waar dit nodig het nie ek kan verkeerd wees maar "bless" die persoon ook wat dit werklik nodig het al is dit hoe gering.
 
Ek het al gewonder hoekom laat die here al die dinge toe op my pad is die here dan kwaad vir my, die here is al persoon saam wie ek werklik waar iets deel maar soms raak ek moedeloos en ongeduldig want dit voel daar kom net nie 'n oplossing nie, ek is maar net mens en ek weet dat ek die here moet vertrou want die here stel ons nooit teleur nie. Maar soms vat dit so lank voordat iets gebeur dan voel dit ek dat ek kan nie meer nie, dus nie lekker om deur sulke moeilike omstandighede te gaan nie en ek is nie 'n persoon wat by ander sal vra nie vir my voel dit voel vir my ek "loaf" en wat dink die mense as ek iets by hulle vra want ek werk dan maar as mense nie jou omstandigehede ken nie ken nie dan sal hulle nie verstaan nie.
 
Ek het al gevoel om selfmoord te pleeg en verstaan hoekom mense selfmoord pleeg want partykeer raak 'n mens se omstandighede net te veel, maar ek dink aan my kind wat nog so jonk is en ek wil nie he my kind moet deur dieselfde omstandighede gaan waardeer ek gegaan het nie.
 
Ek bid ook en vra vir die here om my omstandighede te verander al is dit net dat ek in my daaglikse behoeftes kan voorsien of in aanmerking kan kom vir 'n ander werk, so groot asseblief bid vir my en my omstandighede hou my maar altyd in julle gebede. Baie Dankie.
 
Anoniem 4:   
Michael is going strong, he had a good night.The nurse just warned Theresa that there is a chance that Michael can get pneumonia from all the anecetic(narkose) and operations.
Please pray that this does not happen and that God will strengthen his lungs and keep them healthy.
They might also start slowly weaning him off the ventilator to see how it goes.
Thank you for all your prayers, it makes a world of difference.



2 comments:

Anonymous said...

Anoniem

Hi almal ek het I gebedsversoek eks I jong moeder van twee dogters ,ek soek dringend werk sodat ek my kinders finansieel kan onderhou,my pa sorg vir al drie van ons en ek is baie dankbaar vir alles maar ek sal daarvan hou om aan hom terug te gee ons is nie we'l af nie maar ons het elke aand iets eks baie dankbaar maar as julle net vir my sal bid dat ek I werk sal kry want ek is soms moedeloos en vind toevlug in die wyn bottel as ek van dit ook kan afskyd neem HELP GROOT ASSEBlIEF BID VIR MY:(

anoniem said...

Ek wil asb n gebedsversoek vra, my man gaan vandag vir sy medies om op die myn te werk dit sal ons enigste inkomste wees van Junie maand af bid asb dat hy deurkom ons het nie meer kos in ons huis nie, asb ek vra net vir gebed dat hy deurkom om te kan begin werk.