Wednesday 2 April 2014

“We are so often caught up in our destination that we forget to appreciate the journey, especially the goodness of the people we meet on the way… Appreciation is a wonderful feeling… Don’t overlook it…” ~ Unknown

Haloes! J

“We are so often caught up in our destination that we forget to appreciate the journey, especially the goodness of the people we meet on the way…  Appreciation is a wonderful feeling…  Don’t overlook it…” ~ Unknown

Psalm 51:10

“Create in me a new heart, O God, and renew a steadfast spirit within me…”

Deuteronomy 7:9

“Know therefore that the LORD your God is God, the faithful God who keeps covenant and steadfast love with those who love him and keep his commandments, to a thousand generations…”

“If life is a poem, be the poet…  If life is a story, be the author…  If life is an adventure, be the hero…  To live any other way is a waste of this experience we call life…” ~ Dr Steve Maraboli

“Weakness of attitude becomes weakness of character…” ~ Albert Einstein

Die Amazing Race was vir my een van die TV programme wat ek absoluut GELOVE het!  Wat kan lekkerder wees as om saam met ‘n awesome spanmaat, aan ‘n “race” deel te neem, wat jou na verskillende dele van die wêreld neem?  Ek dink dat jy gedurende so ‘n ervaring, BAIE van jou verhouding met jou spanmaat, maar nog meer van jouself leer…  Want, kom ons face dit – dit is vir seker nie maanskyn en rose nie!  Dit is uitdagend – vroeg oggend, tot laat aand, met ‘n klein budget, min slaap en uitdagings wat jou dikwels bietjie in die rooi druk J - iets wat jou HEELTEMAL buite jou comfortzone kry in baie gevalle!  Maar jy weet dat die “race” net vir ‘n tyd lank aanhou, en dat jy net vir ‘n rukkie lank sterker moet wees as die spanne wat teen jou deelneem…  

Die lewe is eintlik ‘n spieëlbeeld van die bostaande…  Ons werk lang ure, ons budget is beperk, ons slaap min as gevolg van al die worry, en uitdagings wat ons pad kruis, sodat ons uiteindelik uit ons comfortzone gedwing word, ten einde aan te hou en uit te hou J  Dit raak partykeer moeilik om te onthou dat moeilike of uitdagende tye, NET SO lank kan aanhou…  Want partykeer kan dit voel asof die son nooit weer sal opkom nie…  Ek dink, in sulke tye, vergeet mens baie keer dat elke dag van ons lewe, ‘n hoofstuk, of ‘n stuk van ons lewensreis is wat afgelê word…  Ons vergeet dat elke dag deel uitmaak, van ‘n baie groter prentjie, en so laat ons kosbare oomblikke verby gaan, sonder om die goeie en mooi van ons “surroundings” waar te neem…  Ons slaap deur die sonsopkoms, en sit op kantoor tot lank na die son reeds onder is…  Ons het nie tyd vir ons vriende of familie nie, geen tyd om herinneringe te skep of spesiale oomblikke te deel nie…  Ons neem die mense in ons lewe “for granted” en besef baie keer die waarde van dinge eers nadat ons dit verloor het…  Kom ons maak ‘n punt daarvan vandag om ‘n lewe van dankbaarheid te lewe…  Dat ons sal besef dat dinge nie maar toevallig in ons lewens is nie – maar dat dit geskenke van God is wat oor ons lewenspad gestuur is…  Dat ons die mense in ons lewens sal waardeer, en ook vir hulle sal sê op ‘n daaglikse basis, die waarde wat hulle in ons lewens het…  God seën ons dikwels, sonder dat ons dit eens agterkom…  Geniet elke oomblik van die reis waarop jy is J  Moenie vergeet om die sonsopkomste of sonsondergange te geniet nie…  Dis die klein dingetjies in die lewe, wat ons gewoonlik so uit ons sokkies uit seën!


Blessings, 

anelxx

No comments: