Sunday 6 April 2014

“God is making things happen for you… Even when you don’t see it, even when you can’t feel it… Even if it is not evident… God is working on your prayers…” ~ Unknown


Haloes! J

“God is making things happen for you…  Even when you don’t see it, even when you can’t feel it…  Even if it is not evident…  God is working on your prayers…” ~ Unknown

Exodus 23:20

“I am sending an angel before you to protect you on your journey and lead you safely to the place I have prepared for you…”

Exodus 14:13-14

“And Moses said to the people, ‘Do not be afraid. Stand still, and see the salvation of the LORD, which He will accomplish for you today. For the Egyptians whom you see today, you shall see again no more forever. The LORD will fight for you, and you shall hold your peace…’”

“A comfort zone is a beautiful place, but nothing ever grows there…” ~ Unknown

“Someday we will find what we are looking for…  or maybe we won’t…  maybe we will find something much greater than that…” ~ Unknown

Jy kan vir dae, weke, jare bid vir sekere dinge in jou lewe, en die antwoorde mag dalk net voel asof dit jou bly ontwyk…  In hierdie tye, beteken dit nie dat jou gebed op ‘n “hoop ander gebede” in die hemel bly lê nie…  Baie van ons gebede, versoeke en hartsbegeertes, is dinge wat ‘n “werk-in-proses” is…  Dinge wat tyd vat, en waaraan God besig is om agter die skerms te werk – sou dit Sy wil vir jou lewe wees…  Dit kan ook vergelyk word met ‘n koek wat bak in die oond – net omdat jy nie kan sien hoe hy gaar word nie, beteken dit nie dat dit nie aan die gebeur is nie…  Vir ons om te weet dat die koek gaar is, sal ons ‘n “toetsstokkie” moet indruk, ten einde te sien of daar nog rou deeg aan vaskleef…  Jy gaan mos nie die element probeer beheer terwyl die koek bak nie – jy gaan die oond stel op die temperatuur wat dit moet wees (soos wat jy sal bid), en dan sal jy wag tot die tyd verby is, voordat jy check hoe die koek gevorder het?  Die “lekkergeit” van die koek hang af van die bestandele wat jy gebruik, die sorg en omgee wat jy daar insit, en sy “look” hang af van jou moeite wat jy doen met die versiering…

Mens kan partykeer ‘n “geflopte koek” omskep in ‘n wenner deur hoe jy hom versier…  As hy nie egalig gebak het nie, kan jy ‘n deel afsny / reguit sny, en dit toe versier…  Niemand van ons het ‘n perfekte lewe nie – sommige mense s’n mag dalk vir jou so lyk, maar ek belowe jou – elke persoon op hierdie aardbol, het een of ander battle wat hulle veg…  Dit hang af hoe ons, ons lewens benader, wat uiteindelik vir ons die deurslag sal gee…  Ons kan met ‘n verslaande, negatiewe houding elke nuwe dag tegemoet gaan, maar ek glo dat die dag BAIE vinnig die beste van jou sal kry, en dat daar dinge sal gebeur wat jou sommer net meer negatief sal maak…  Want wanneer mens jou daarop instel, is dit onmoontlik om die negatiewe mis te kyk…  Wanneer jy egter die positiewe in ‘n dag soek, en jou ingesteldheid op die mooi dinge van die dag fokus, is dit baie makliker om deur die dag te kom…  Al vat dit baie langer as wat jy hoop vir jou om ‘n antwoord op gebed te kry – moenie moed opgee nie…  God het jou lief, en Hy SAL Sy kinders antwoord…  Gee daardie “werk-in-proses” versoeke kans om te kan groei, en uiteindelik dit te word waarvoor jy hoop en bid…  God het ‘n manier om partykeer ons hartsbegeertes totaal en al om te boul, omdat Hy baie keer, baie groter drome vir ons het, as wat ons vir onsself het – en baie keer verras Hy ons met iets BAIE beters as wat ons ooit voor sou kon hoop of voor bid…  Hou moed – Ons Pa is die Koning van die HEelal…  NIKS is by Hom onmoontlik nie J

Blessings!

anelxx

 

No comments: