Thursday 29 March 2012

“If you had to do it all over again, would you do it the same?” ~ One tree Hill

Haloes :)
“If you had to do it all over again, would you do it the same?”  ~ One tree Hill
1 Petrus 2:1;4-5
“Julle moet julleself distansieer van alle slegte gedrag, van elke vorm van valsheid, van voorgee wat julle nie is nie, van jaloesie, en alle kwaadpratery…  Julle het na Christus toe gekom…  Hy wat die lewende hoekklip is van God se geestelike tempel…  Die mense het Hom afgekeur as hoekklip, maar God het Hom vir die ereplek uitgekies…  Laat julle as lewende, gekapte klippe inbou in God se geestelike tempel…”
We spend too much time living in the ‘what if’ and need to learn to live in the ‘what is.’ ~ Rev. Leroy Allison
Every now and then, bite off more than you can chew… ~ Kobi Yamada
Ons het die ONGELOOFLIKSTE preek gehad Sondag!  Juda Smith – ‘n pastoor al die pad van Seattle in die VSA het ons gebless met die ongelooflikste boodskap – die Tema was: Ready, Set, Go....  Ek moet dit net vandag met julle deel…  Dis een van daardie preke wat ek wens ELKE mens kon hoor, want dis fisies onmoontlik om dit presies vas te vang in die stuk hoe goed dit was – maar die hoofboodskap wil ek regtig vandag met julle deel…
Die vers hierbo in Petrus was ons skrifgedeelte…  Hy (Judah Smith) het gepraat oor die feit dat Christene saam God se kerk vorm, en dis uiteindelik ‘n gemeenskap van gelowiges…  Ons het mekaar nodig, om mekaar “accountable” te hou, mekaar op te bou, op te help wanneer een val en saam die Christelike wedloop met volharding te kan hardloop…  Dit het my laat dink aan die stuk in Prediker 4:9: “Twee vaar beter as een…  Saam bereik hulle meer…  As een mens val, kan sy vriend hom ophelp…  maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie…”  Hy het aangegaan en gesê – die dag wanneer jy gered word (deur vir Jesus as jou Saligmaker te aanvaar), word jy boumateriaal, en jy word ingeskryf in Jesus se bouplanne…
Jesus is die HOEKSTEEN van die Christelike geloof…  Deur Hom as ons fondasie te hê, stel ons Hom in beheer van ons lewens, en is daar GEEN beperkinge op die wonderwerke wat moontlik is nie!!  Hy het ons afgevra – wat is die hoofdoel van enige persoon op aarde?  “Om God se grootheid en goedheid uit te straal vir die wêreld!”  Hoe doen mens dan dit?? Die sin hierbo in Petrus – “Laat julle as lewende, gekapte klippe inbou in God se geestelike tempel…”  Lewende klippe???  Hoe kan ‘n klip dan lewendig wees – het Pastoor Judah gevra??  Hy het tot die gevolgtrekking gekom – as jy vir Jesus aanvaar, Hom in beheer stel (dus as jou fondasie), en Hom toelaat om jou te gebruik in die uitbou van Sy koninkryk – word jy as ‘n “klip (bousteen)” gebruik in die Koninkryk wat gebou word en deur te help bou aan die Koninkryk, deur jou dade – word jy “’n lewende klip”.  Hy het die beeld gebruik:  “Are you ready?”  YES…  “Get set” – God wat jou as ‘n “lewende klip” gebruik om Sy Koninkryk te bou…  En GO – Gaan uit en verkondig God se grootheid en goedheid in jou lewe…  JY kan dit doen deur jou optrede by die werk…  Deur in dankbaarheid te lewe vir ALLES wat HY so ONVOORWAARDELIK in jou lewe doen…  Deur net met ‘n andersheid op te tree teenoor jou naaste – jou liggie te laat skyn, soos net jy kan…  AS jy ‘n gewillige hart het, sal God jou gebruik…  Hy sal vir jou die pad wys wat jy moet loop – vertrou net, en vat Sy hand…
Blessings!

No comments: