Monday 12 March 2012

“The best way to appreciate your job is to imagine yourself without one…” ~ Oscar Wilde

Haloes! J
“The best way to appreciate your job is to imagine yourself without one…” ~ Oscar Wilde
2 Kronieke 15:7
“En nou, manne van Juda, wees sterk en moenie moedeloos word nie, want julle werk sal beloon word…”
Galasiers 6:9
“Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes… Terwyl ons die kans het, moet ons dus goed doen aan alle mense, maar veral aan medegelowiges…”
“May you work like you don’t need the money, love like you have never been hurt, dance like nobody is watching…” ~ Anonymous
“All things are difficult before they are easy…” ~Thomas Fuller
As ek vanoggend vir jou ‘n keuse gee – jy kan gaan werk / skool/ universiteit of kollege toe gaan, of jy kan ENIGE plek gaan waar jou hart begeer – all expenses paid… Ek dink nie dit sal ‘n baie moeilike keuse wees nie?! J Almal van ons sal eerder kies om die droomplek van ons keuse te besoek… Ek dink meeste mense hou nie van die dagtaak wat hulle doen nie, dis maar net iets wat gedoen moet word, sodat die kwalifikasie bereik kan word om uiteindelik die rekeninge te kan betaal, en darem so iets lekker so nou en dan ook doen… Baie keer is mens ook dan skuldig aan die feit dat jy die tyd omwens – Vrydag yay, Maandag L
Miskien is jou omstandighede waaronder jy werk of swot of jou dagtaak verrig, so negatief dat dit jou onderkry… Daar is niks wat jou gemoed so besoedel soos om omring te wees met negatiewe mense en negatiewe woorde wat uiteindelik net negatiewe denke by jou kweek nie… ONS moet die verskil wees! Onthou – alles in die lewe is ’n keuse!! Ons het ’n vrye wil gekry om te besluit waarvan ons hou, en wat ons met ons lewens wil doen… Wanneer jy jou dagtaak aanpak deur jou werk te doen vir God en nie vir jou baas of onderwyser of dosent nie is dit klaar met ’n totale ander ingesteldheid wat jy gaan werk. As God nou sou instap waar jy tans is, sal Hy trots wees op hoe jy jou dagtaak uitvoer? Kan mense sien dat jy vir Jesus ken oor hoe jy jou dae ingaan? Of is jy so negatief en teneergedruk oor waar jy is en wat jy MOET doen, dat dit jou lewensvreugde steel? As jy ongelukkig is in dit wat jy elke dag moet doen – sal ek jou aanraai om ernstig te bid daaroor… Dat God deur Sy almagtige werking jou gedagtes sal vernuwe, dat jy anders sal begin dink daaroor… Dat jy jou dag sal aanpak deur vir God te werk – en Hom nommer 1 te maak… Mens se dae verloop sommer anders as jy dit by God begin, en jou gedagtes met Hom besig hou… As jy nadat jy ernstig gebid het, steeds sielsongelukkig is in wat jy doen – maak ’n plan en vind en doen DIT wat jou gelukkig maak! Die lewe is TE kort om elke dag iets te doen wat jou ongelukkig maak!!! Mens is meer spyt oor dit wat jy NIE gedoen het nie, as dit wat jy wel gedoen het… Laat God jou lei deur Sy wil vir jou lewe, en mag jy antwoorde op elke gebed kry wat jy in jou hart saamdra! Dis my gebed vir jou vandag! Wees’n glimlag in iemand anders se dag J
Blessings!

No comments: