Wednesday 7 March 2012

Yesterday is a canceled check; tomorrow is a promissory note; today is the only cash you have - so spend it wisely” ~ Kay Lyons quotes

Haloes! :)
Yesterday is a canceled check; tomorrow is a promissory note; today is the only cash you have - so spend it wisely” ~ Kay Lyons quotes
1 Peter 5:7
"Cast all your anxiety on him because he cares for you..."
2 Korintiërs 12:9
“Hy het eger vir my gesê…  My genade is vir jou genoeg, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking…”
“Time is too slow for those who wait, too swift for those who fear, too long for those who grieve, too short for those who rejoice, but for those who love, time is eternity.” ~ Henry Van Dyke quotes
“I have never in my life learned anything from any man who agreed with me.” - Dudley Field Malone
Sien jy op teen die dag wat voorlê??  Is die lewe besig om die beter van jou te kry?  Dis al Maart, maar ek kom agter daar is al soveel mense vir wie dit voel asof hierdie eerste 3 maande al eintlik ‘n jaar se tyd was…  Of dit nou werksdinge is wat jou onderkry, verhoudingsprobleme, of  miskien is daar soveel onsekerheid in jou lewe dat jy nie meer weet of jy die regte besluite neem nie, miskien is jy besig om ‘n stryd te stry teen siekte, of miskien is jy by ‘n kruispad…  Watookal die omstandigheid is waarmee jy worstel – die antwoord daarvoor is Jesus…  Hy is groter as ENIGE iets wat jy op die oomblik deurmaak!! 
Die lewe is kort vriende!!  Hierdie afgelope naweek was dit 5 jaar wat ‘n geliefde vriendin van my oorlede is…   MAAR, ek vind troos in die feit dat sy ‘n voorbeeld vir my was – ELKE dag, oor hoe mens moet lewe om VOLUIT te lewe!!!  Sy was so ‘n ongelooflike inspirasie – Sy inspireer my selfs nou nog, terwyl sy nie meer hier is nie.  Sy het ALTYD geglimlag, niks was te veel moeite nie, en sy was ‘n “bok vir sports!”  Haar lewenslus en JOY vir die LEWE was aansteeklik!  Ek sou nooit weggaan na 'n koffie of kuier saam met haar, dat ek nie ligter daar uitgestap het nie... Dis hoe ek eendag onthou wil word!  Dat mense nie by my weggaan, sonder om ligter, en gelukkiger te voel nie…  Ek dink dis iets wat elkeen van ons kan nastreef…  Al gaan dit hoe swaar – ons het BAIE om voor dankbaar te wees!  Die feit dat ons vir Jesus kan ken – is klaar iets om voor dankie te sê!  Die feit dat Hy daagliks, 24/7 vir jou daar is – nog iets om Hom te loof en prys voor!  Ons moet ons ingesteldheid en ons fokus verander…  Wee s dankbaar en postief oor dit wat wel goed gaan in jou lewe…  Dit wat sleg gaan is gewoonlik goed waaroor ons geen beheer het nie…  Laat dit dus in God se hande!  Moenie jou lewe by jou verby laat gaan, omdat jy worry oor goed wat jy nie kan beheer nie!!  God is groter…  Hy sal vir jou sorg vir uitkoms – maak JY net seker dat jy VOLUIT leef, elke dag…  Dat jy jou afdruk op ander se lewens agterlaat…  Dat hulle beter menses al wees omdat jy in hulle lewe is!  Jy is nie maar toevallig daar waar jy jouself bevind nie!  God kan jou gebruik – nes jy is…  Sit net jou hand in Syne, en laat Hom toe om jou ‘n seën te laat wees vir die mense rondom jou!
Blessings!

No comments: