Thursday 8 March 2012

“It is never too late to be what you might have been.” - George Eliot


Haloes! :)


“It is never too late to be what you might have been.” - George Eliot
Efesiërs 1:19
“Mag julle insien hoe enorm groot die krag is wat God gebruik in ons wat glo…  Dieselfde magtige sterkte was ook aan die werk toe God Christus uit die dood opgewek het en Hom in die Hemel aan Sy regterhand laat sit het…”
Galasiërs 6:9
“Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes…”
“People who are crazy enough to think they can change the world, are the ones who do.” - Apple Computers
“In any situation, the best thing you can do is the right thing; the next best thing you can do is the wrong thing; the worst thing you can do is nothing.” - Theodore Roosevelt
Decisions, decisions!  Wanneer jy besluite neem, aan wie dink jy?  Wat al die mense gaan sê??  Wat ander van jou gaan dink?  Of neem jy ‘n besluit deur te dink wat JY wil hê en wat jy wil bereik in jou kort lewe en wat God se wil vir jou lewe is??  Ek dink baie min van ons kies die laaste opsie…  Jou besluite is meeste van die tyd gegrond op wat jy dink jy moet besluit om ander tevrede te hou…  Nou wil ek jou vra – wie se lewe leef jy?  Joune, of iemand anders sin?
God het JOU uniek geskape, met ‘n unieke plan vir jou lewe…  hoe jy daagliks lewe, en die besluite wat jy daagliks neem, sal bepaal hoe jou lewe uitdraai en wat jy bereik…  Of jy jou drome gaan najaag – hang van jouself af…  Of jy die wêreld gaan verander, deur by jouself te begin – hang NET van jou af!  Ek LOVE die aanhaling van Apple Computers – People who are crazy enough to think they can change the world, are the ones who do…  Dis die absolute waarheid…  As mens na daardie stemmetjie in jou binnekant luister – wat jou oortuig dat ENIGE iets saam met God moontlik is – sal dit vir jou so wees!  God kan die onmoontlike!  Laat Hom toe om jou as instrument te gebruik, dat jy SAAM met Hom die wêreld kan verander!
As jy met groot besluite sukkel en jy weet net nie wat om te doen nie – jy’t gebid, maar jy kry nie ‘n duidelike antwoord nie en almal raai jou iets anders aan om te doen – wil ek Jakobus 1:5-6 gee vanoggend – “Vra God as jy nie kan agterkom wat Hy wil hê jy moet doen nie…  Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie…  Maar as ‘n mens bid, moet jy die vertroue he dat God sal antwoord…  want iemand wat twyfel is soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word…”  Maar Anel, God antwoord nie…  Hou aan glo, hou aan bid, en hou aan vertrou…  God sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie! (Hebreërs 13:5).  Hy sal jou antwoord, en Hy sal jou die antwoorde gee waarna jy soek – hou net aan vertrou…  Hoe weet jy of iets God se wil is as jy ‘n besluit neem?  1.  Jy sal absolute vrede in jou hart hê dat dit is wat jy moet doen…   2.  God sal dit ook bevestig – of deur wyshede uit Sy woord, ‘n gospel liedjie of deur vriende…  Hy praat op baie verskillende maniere (hierdie is maar enkeles) - ons moet net ons ore en oë oophou om God te hoor, en te hoor wat Hy vir ons wil sê…  God sal jou onsekerhede en daardie vrae waarmee jy worstel – ANTWOORD!  Hou net aan vertrou, en aan om te glo!  En neem besluite vir JOU!  Nie vir al die ander mense wat in jou lewe is nie…  Hulle het hul eie lewens om te lei – en kan nie deur jou probeer lewe nie…  Onthou – aan die einde van jou leeftyd gaan jy meer spyt wees oor di twat jy NIE gedoen het nie, as die dinge wat jy wel gedoen het!  Maak 2012 ‘n jaar van NO REGRETS!  Just say YES…
Blessings! J

No comments: