Thursday 29 March 2012

“A bad attitude is like a flat tyre… You can’t go anywhere until you changed it…” ~ Anonymous

Haloes! :)
“A bad attitude is like a flat tyre…  You can’t go anywhere until you changed it…”  ~ Anonymous
Fillipense 4:8
“Ten slotte liewe broers en susters, beplan alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is…  En leef volgens alles wat julle van my geleer, oorgeneem en gesien het…  Dan sal die God wat vrede gee, by julle wees…”
Hebreërs 13:5
“You cannot control what happens to you, but you can control your attitude toward what happens to you, and in that, you will be mastering change rather than allowing it to master you.”  ~ Brian Tracy quotes
“Our attitude toward life determines life's attitude towards us.”  ~ John N. Mitchell quotes
Het jou kar of jou fiets al ‘n pap wiel gehad?  Ek onthou toe ek nog in die Laerskool was het ek saam my beste maaitjie op vakansie gegaan, en oppad terug van die vakansie, het die motor se band gebars…  Die tannie het beheer oor die motor behou (genade van Bo), en daar het gelukkig geen motors van voor af aangekom nie…  God het ons behoed en bewaar en heel anderkant laat uitkom!  Ek dink ek was te klein om werklik te besef wat gebeur het!!  Ons het toe – in die middel van nerens langs die pad gestaan en ons was afhanklik van iemand wat ons moes help (3 klein dogters en 1 tannie)…  Vir die motor was dit fisies onmoontlik om te kon beweeg, voordat die band omgeruil was – want hy was stukkend…
Ons lewens is baie soortgelyk aan hierdie situasie wat ek hier geskets het…  Daar gebeur partykeer dinge wat heeltemal buite ons beheer is, wat ons seermaak, en ‘n stukkendheid in ons lewens agterlaat…  Hierdie slegte omstandighede, mag baie keer ons “attitude” teenoor die lewe negatief beïnvloed, wat tot gevolg kan hê dat jy ‘n negatiewe ingesteldheid teenoor die lewe het…  Vir jou om daardie “seer” of “slegte dinge” wat gebeur het in jou lewe te verwerk – sal jy die regte ingesteldheid moet hê…  As jy negatief ingestel gaan wees teenoor die lewe, gaan jy nooit vorentoe kan lewe nie…  Jy gaan op een plek stilstaan in jou lewe, of jy gaan in die verlede bly leef…  Om vorentoe te kan lewe, moet jy die stukkendheid van jou lewe in God se hand sit…  Laat Hom toe om jou ingesteldheid te verander, en jou daardeur nuut te maak, sodat jy kan VORENTOE LEWE, en nie stilstaan of in die verlede te bly lewe nie…  God se genade is ELKE môre nuut, en Hy het jou ONGELOOFLIK lief!!!  God wil jou bless met NET mooi dinge – GLO dit, spreek dit en LEEF dit!!  Mag God jou verwonder met die blessings wat Hy vir jou in store het J
Baie blessings!

No comments: