Sunday 25 March 2012

“Love all, trust few, and do wrong to none…” ~William Shakespeare

Haloes :)
“Love all, trust few, and do wrong to none…” ~William Shakespeare
Isaiah 12:2
“Surely, God is my salvation, I will trust and not be afraid…”
Isaiah 50:7
“Because the Lord helps me, I will not be dismayed; therefore I set my face like flint, to do his will and I know that I will triumph…”
“I have learned that it takes years to build up trust and only takes suspicion, not proof to destroy it…” ~ Anonymous
“To be trusted, is a greater compliment than to be loved…” ~George MacDonald
Vertroue…  So ‘n klein woordjie, maar so ‘n groot betekenis…  Ons belowe so maklik dinge, maar is ons gemotiveerd om elke belofte wat ons maak uit te voer?  Is jy iemand van jou woord?  Of besluit jy maar op nommer 99, jy is eintlik nou nie meer lus om te doen wat jy beloof het nie,  en trek jy dan kop uit?  Dis iets waaroor ek baie sterk voel…  As mens ‘n belofte maak, moet jy daarby hou, en dit deursien…  Wanneer ons bid tot God en vir Hom dinge vra, vertrou ons op Hom dat Hy dit sal deursien en by ons sal wees…  God is die ENIGSTE persoon in die Heelal wat ALTYD jou vertroue waardig is…
Mense gaan jou vertroue baie keer breek…  Voorbeelde van dinge wat ELKE dag gebeur:  Jy het dalk ‘n geheim vir iemand anders te vertel, wat jy in vertroue vertel het – en wat die persoon dan gaan uitlap aan andere…  of mense wat  op jou trap en dinge waarmee jy hulle dalk vertrou het, gebruik tot hulle voordeel, en vir hulle om die meeste uit die situasie te put (ek dink aan bevorderinge by die werk, liefde – iemand van wie jy dalk baie hou wat “gespook” word wanneer iemand aan hom of haar gaan vertel hoe jy voel; om populer by die skool of werk te wees deur wat jy doen - en nie te worry wie jy seermaak in die proses nie…
Mens kan nie ander mense se reaksies beheer, of weet of jy op hulle kan staatmaak en vertrou met jou hartsdinge nie…  MAAR, jy kan JOU EIE optrede beheer…  Jy kan beheer of jy iemand van jou woord is, deur die keuses wat jy uitoefen…  Is jy iemand wat mense kan vertrou?  Op wie mense kan staatmaak?  As dit iets is waarmee jy sukkel, bid dat God jou sal versterk in dit!  Sodat mense altyd na jou sal verwys, as iemand wat mens kan vertrou, iemand op wie mens kan staatmaak…  Moenie mense seermaak deur ondeurdagte dade nie…  Laat ‘n belofte wat jy gemaak het – so wees…  Om mense te hê wat jou vertrou, en op jou staatmaak, is een van die grootste geskenke of komplimente wat mens kan ontvang!  En weet dat al het jy dalk nie iemand met wie jy hartsgeheime met volle oortuiging van hulle “trustworthiness” kan deel nie – jy het vir God!  Hy sal nooit jou geheime uitlap, of jou seermaak, deur dit wat jy Hom vertel het, teen jou te gebruik nie…  Plaas jou vertroue in God…  Pak af by Hom wanneer die lewe te veel raak – Hy wil jou help, en Hy sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie…
Blessings!

No comments: