Sunday 11 March 2012

Prayer is the voice of faith…~ William van Horne

Haloes! J
Prayer is the voice of faith… ~ William van Horne
Johannes 14:13-14
“Wat julle ookal sou vra in My naam, dit sal Ek doen sodat die Vader deur die optrede van die Seun verheerlik sal word… As julle enige iets in my Naam vra, sal Ek dit beslis doen…”
Romeine 8:26
“Die Gees help ons boonop nog in ons onbeholpenheid… Ons weet immers nie mooi wat en hoe ons moet bid nie… Maar die Gees self neem ons gebedsbehoeftes voor God op met versugtinge wat nie in menslike taal verwoord kan word nie…”
“It is for us to pray not for tasks equal to our powers, but for powers equal to our tasks… To go forward with great desire forever beating at the door of our hearts as we travel toward our distant goal…” ~Helen Keller
“To be a Christian without prayer is more impossible than to be alive without breathing…” ~Martin Luther King Jr
Is jy afhanklik van die lug wat jy inasem? Ek dink ons is, ja! Sonder suurstof in ons longe, sal ons nie asem kan haal nie, en sal ons dood wees… So ook, het ons rooibloedselle in ons liggaam nodig wat die suurstof kan vervoer deur ons liggaam, vir ons liggaam om te kan funksioneer… God het ons as mens so geskape dat Hy ons voorsien van alles wat ons nodig het…
Soos ons suurstof nodig het om te kan lewe, het ons as Christene gebed nodig om te kan funksioneer! As ek ’n dag sonder God moet indink, voel dit vir my asof ek nie suurstof het nie! Gebed is die “tool” of “link” wat Jesus ons met God kom gee het toe Hy opgevaar het na die Hemel toe… Hierdie vers in Romeine 8:26 is vir my SO ’n kragtige versekering!! Die Gees pleit vir ons by God… Wanneer ons, ons gebede uiter, en dalk nie altyd weet watter woorde om te gebruik om ons gebed uit te druk nie, sal die Gees die woorde “reg skommel” om dit in (Jip en Janneke taal te se) sodat God presies sal weet wat dit is wat ons bid…
Weet jy dalk nie hoe om te bid nie? Daar is twee maniere om dit te benader… Dink jouself in ’n situasie waar jy sal koffie drink saam ’n vriend of vriendin of hoe jy met jou familie gesels oor jou dag wat verby is… Dit is hoe jy met God praat! Begin net deur Hom te vertel van jou dag… Dinge wat jou bekommerd maak, dinge waarvoor jy Hom loof en grootmaak, en uiteindelik vra vir vergifnis van jou sonde… Ek onthou toe ek in Sondagskool was het hulle ons ‘n “formaat” geleer van hoe om te bid (dis egter net ’n riglyn… dit hoef nie so formeel wees nie – onthou – God wil jou beste vriend wees, en vir jou beste vriend gaan jy nie daagliks ’n rympie se wat jy uit jou kop uit geleer het nie – jy gaan uit jou hart uit praat)…
1. Dank God vir alles wat Hy vir jou doen, en loof Hom vir Sy grootheid
2. Vra om vergifnis van al jou sonde. Noem dit by die naam – want as ons, ons sondes wil bely, moet ons dit op die naam noem
3. Vertel God van dit wat jou bang maak, wat jou laat wakker le of dinge waarvoor jy Hom ekstra nodig het in jou lewe…
4. Dank God dat jy Hom kan ken, dat jy weet Hy is groter as alles wat jy tans deurmaak en dat jy Hom kan vertrou met dit wat jy Hom sopas vertel het…
Oulike aanhaling wat ek gehoor het – “Seven days without prayer, makes one weak…” Mag jy 'n pragtige week he!
Blessings!

No comments: