Monday 26 March 2012

"Where you live, should not determine whether you live…”~ Anonymous

Haloes! :)
"Where you live, should not determine whether you live…” ~ Anonymous
Johannes 6:35
Jesus sê vir hulle: Ek is die brood wat lewe gee… Wie na My toe kom, sal ooit weer honger word nie, en wie op My vertrou sal nooit weer dors kry nie...”
John 3:16 (KJV):
For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.
“Our deepest fear is not that we are inadequate. Our deepest fear is that we are powerful beyond measure. It is our light, not our darkness, that frightens us most. We ask ourselves, 'Who am I to be brilliant, gorgeous, talented, and famous?' Actually, who are you not to be? You are a child of God. Your playing small does not serve the world. There is nothing enlightened about shrinking so that people won't feel insecure around you. We were born to make manifest the glory of God that is within us. It's not just in some of us; it's in all of us. And when we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same. As we are liberated from our own fear, our presence automatically liberates others.” ~ Maryanne Williamson quotes
Wat dink jy van jouself? Bou jy jouself op met dit wat jy dink, of breek jy jouself af met negatiewe gedagtes? Bv: Ek is vet… Ek wens my gesig kon anders gelyk het… Ek hou nie van my voete nie… Ek is nie slim genoeg nie… Ek is nie mooi genoeg nie… Ek het nie genoeg selfvertroue nie… Ek bly nie in die beste area nie… Ek ry nie die mooiste kar nie… Wie sal tog nou notisie van my neem?? Klink dit soos iets wat jy van jouself dink??? Daar kom verseker dae wat mens sulke gedagtes kan koester, maar ek wil vir jou ‘n teenvraag gee vandag… Jy wat nie van jou voete hou, of jou lelike lyf, of gesig – wat as jy sonder dit gebore was? Ekt Sondag verby ‘n ou geloop in ‘n rolstoel wat nie arms of bene het nie… Dit kon ek of jy gewees het… Ons is gebless met die liggaamsdele wat God aan ons gegee het… Al is dit dalk nie altyd soos jy dit sal wil hê nie – JY is in God se BEELD geskep! EN Hy LOVE jou – NES jy lyk! As jy kan hoor en sien – is dit absoluut nog ‘n blessing wat God aan ons gegee het… Jy kon sonder sig, of gehoor gewees het… Die wêreld het hierdie “perfect list” van hoe jy moet lyk, waar jy moet bly, ry, eet ens ens - waaraan mense gemeet word… As jy nie sus en so lyk nie, is jy nie aanvaarbaar vir die sosiale wêreld nie… God kyk VEEL dieper as hoe jy lyk, of waar jy bly ens… Hy kyk na die MENS wat jy is!
En soos Maryanne Williamson hierbo sê – JY is ‘n KONINGSKIND, so wie is jy om NIE wonderlik, talentvol, pragtig en beroemd te wees nie? Worry jy oor wat mense dink? HOEKOM?! Hulle bly net mense!! Ek’t al baie gesê – as mense oor my skinder, is ek bly, want dit wys dat hulle my belangrik genoeg ag om hulle asems en tyd aan my te spandeer… Die enigste persoon oor wie se opinie jy bekommerd hoef te wees, is jou Hemelse Pappa… En HY dink jy is ONGELOOFLIK!!! Anders sou Hy jou nie op die manier geskape het, soos Hy gemaak het nie! Laat jou lig skyn, sodat jy ander liggies kan aansteek… Aanvaar mense!! Moenie voorbeoordeeld wees oor hoe mense lyk om hulle te aanvaar nie… Jy kan uitmis op die ongelooflikste lewensstories en mense wat jou lewe met soveel ongelooflike herinneringe kan vul, as jy mense oordeel! God wil jou bless, en jou gebruik om ‘n blessing te wees – NES jy is… Baie keer is jy jou eie grootste vyand, en moet jy leer om jouself te aanvaar en lief te hê VOOR jy kan verwag ander dit moet doen… Sê sommer nou vir jouself – haloe jou beautiful Koningskind! Jy is AWESOME! God wil JOU vandag gebruik om geskiedenis te maak J
Blessings!

No comments: