Haloes! :)
“God really wants to take care of you, but you have to let Him, and stop worrying about every little thing which you cannot control…”
1 Petrus 4:18
“Ons moenie dink dis net ons wat onverdiend ly nie… Ook Christus het so gely toe Hy vir eens en vir altyd vir ons gesterf het…”
James 5:13-16
"Is anyone among you in trouble? Let them pray. Is anyone happy? Let them sing songs of praise. Is anyone among you sick? Let them call the elders of the church to pray over them and anoint them with oil in the name of the Lord. And the prayer offered in faith will make the sick person well; the Lord will raise them up. If they have sinned, they will be forgiven. Therefore confess your sins to each other and pray for each other so that you may be healed. The prayer of a righteous person is powerful and effective…”
I believe God is managing affairs and that He doesn't need any advice from me. With God in charge, I believe everything will work out for the best in the end. So what is there to worry about." ~ Ford, Henry.
"When you worry, you go over the same ground endlessly and come out the same place you started. Thinking makes progress from one place to another; worry remains static." ~ Walker, Harold B
Lees jou Bybel, bid elke dag! Verlustig jou in Hom, en Hy sal jou gee, die begeertes van jou hart, verlustig jou in Hom… Dis liedjies wat ons in die Kerk sing, maar besef ons werklik wat die woorde beteken? Ons moet vir God NOMMER 1 maak, en vertrou dat Hy die beste weet… Ek wil gou hê jy moet dink aan toe jy klein was en daar sekere dinge was wat jy baie graag wou gehad het, maar jou ouers het nee gesê… Of dit nou was om na ‘n sekere partytjie toe te gaan, na ‘n sekere tyd uit te bly, met jou fiets te ry verby ‘n sekere punt – watookal… Hoe het dit jou laat voel?? Jy het heel waarskynlik opstandig en kwaad gevoel! Ek is ook seker dat daar van julle is, wat steeds gedoen het wat julle verbied was om te doen J Ek weet van ‘n hele paar gevalle waar mense nie vir hul ouers geluister het, gedoen het wat hulle wou, en waar daar dan baie slegte nagevolge was…
Hoekom sê ouers nee? Want hulle het meer wysheid en hulle het visie, en hulle wil net die BESTE vir jou hê… Al maak hulle soms besluite waarmee jy nie saamstem nie… God is dieselfde… Is daar sekere goed waarvoor jy al lank bid en jy ontvang dit net nie? Of is daar goed waarvoor jy gebid het, en dit het net glad nie uitgewerk nie? Ek kan sommer hoor hoe julle JA sê… My vriend, en vriendin!! God WEET wat jou toekoms inhou… Hy weet wat Hy vir jou beplan en Hy weet wat jy nodig het… Wanneer jy nie ontvang waarvoor jy bid nie, of wanneer dinge anders uitwerk as dit waarvoor jy bid, is dit nie so dat God jou STRAF vir dit wat jy al verkeerd gedoen het nie?! Dit is omdat HY vir jou SOVEEL beter drome droom, en soveel beter dinge vir jou beplan, as wat jy vir jouself droom en beplan… Ons mis partykeer uit op seerkry, en hartseer omdat ons Hemelse Pa ons dit SPAAR deur sommige gebede nie waar te maak nie… Al wat ons kan doen, is om ons gebede in God se hande te plaas – DAAGLIKS – en dan in GELOOF te glo en te vertrou dat God die dinge sal uitwerk, sodat jy die GROOTSTE seën daaruit kan ontvang…
Blessings!
No comments:
Post a Comment