Thursday 22 March 2012

“A successful man is one who can lay a firm foundation with the bricks others have thrown at him…” ~David Brinkley

Haloes! :)
“A successful man is one who can lay a firm foundation with the bricks others have thrown at him…” ~David Brinkley
Isaiah 58:11
“And the Lord will continually guide you and satisfy your desire in scorched places.  And give you strength to your bones…  And you will be like a watered garden, like a spring of water who’s waters do not fail…”
Colossians 2:7
“Let your roots grow down into Him and let your lives be built on Him…  Then your faith will grow strong in the truth you were taught and you will overflow with thankfulness…”
“Once you depart from the 10 commandments as being the foundation of right and wrong, you are in for a free fall…”  ~Randall Terry
“Most people are about as happy as they make up their minds to be…” ~Abraham Lincoln
Hoogste bome kry die meeste wind…  Dis ‘n idoom wat ek op Laerskool geleer het, en wat vir my soveel waarheid het!  Mense se natuurlike instink is om die beste vir hulself te wil hê, en nie te veel vir hul medemens te gun nie… Of – ek gun my medemens die geluk wat sy kant toe kom, solank ek net meer geluk aan my kant ontvang…  Wanneer iemand anders ontvang wat jy glo eintlik vir JOU toekom, is dit dan maklik om jaloers te wees, en lelik op te tree teenoor die persoon wat alles ontvang wat JOU hart begeer…  Mens sê partykeer goed wat kon gebly het, omdat jy toelaat dat jaloesie jou oorneem…
Daar is nou twee tipes mense wat met die stuk sal assosieer:  1.  OF dis jy waarvan ek praat, wat al so opgetree het teenoor ander en jy kon dalk vriendskappe vet knoue gegee het as gevolg daarvan; OF 2. Jy kon ervaar het dat mense so teen jou opgetree het…  As jy nommer 1 is – wees ‘n groot genoeg persoon om te kan jammer sê vir die persoon / persone wat jy seergemaak het!  Die lewe is kort, en jy wil nie ‘n lewe se verwyt hê oor “ek moes maar jammer gesê het nie”…  Sê jammer terwyl jy die kans het!!  God gee vir elkeen wat hom toekom, op die tyd wat dit reg is om daardie blessings te ontvang…  Vertrou, dat Hy vir jou die reën van seën sal stuur, sodra Hy jou “lande” berei het om die water van seën te benut, ten einde ‘n groot oes te lewer… 
As jy dalk persoon nommer 2 is – wat verontreg is – wees ‘n groot genoeg persoon om die mense wat jou so seergemaak het, te vergewe…  En weet – al hoekom daardie mense so teenoor jou opgetree het, is omdat hulle jaloers op jou is…  Laat hierdie aanhaling van David Brinkley, waar wees van jou lewe – dat jy ‘n behoorlike fondasie kan bou (God as die fondasie van jou lewe), met die klippe wat mense na jou kant toe gooi…  God is aan jou kant – selfs al voel dit of die wêreld teen jou is…
Blessings!

No comments: