Thursday 1 March 2012

“God will make a way, where there seems to be no way…”

Haloes! :)
“God will make a way, where there seems to be no way…”
Hebreërs 11:1
“Wat is geloof dan?  Dit is ‘n vaste versekering, dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur…  Dit is die bewys dat God die dinge wat ons nog nie kan sien nie, sal waar maak…”
Luke 18:27 (NIV)
Jesus replied, "What is impossible with men is possible with God."
“Sometimes, the things that may or may not be true, are the things a man needs to believe in the most…  That people are basically good, that honor, courage and virtue mean everything; that power and money, money and power mean nothing…  That good always triumphs over evil; and I want you to remember this, that love… true love never dies…  You remember that boy…  You remember that…  You see, a man should belive in those things, because those are the things worth believing in…”  ~ Movie:  Secondhand Lions
Kutless is ‘n gospel band, en in een van hulle liedjies sing hulle – “Impossible is not a word, it’s just an excuse not to try…”  Daar is nog ‘n aanhaling wat sê – “Impossible just means you have not found the solution yet…”  Wie van julle hou van raaisels??  Of puzzles??  Of rekenaar speletjies waar jy sekere dinge moet doen om na ‘n volgende vlak te kan aanbeweeg? Dit is dinge wat jou vir ure kan besig hou…  Maar as jy enigsins soos ek is – sal jy aanhou probeer tot jy dit regkry…   Want as jy opgee, sal jy nooit weet wat die antwoord is nie, of hoe dit eindig nie?!  As ‘n fliek jou boei – sal jy enduit kyk, sodat jy kan weet hoe dit eindig!  Jy sal nie halfpad deur ophou nie…
As ons elke slag moes ophou lewe wanneer daar ‘n onmoontlike situasie opduik, kon ons maar netsowel permanent handdoek ingooi…  Want dis ‘n feit soos ‘n koei!  Elke dag bring sy eie uitdagings…  Party dae bring groter uitdagings as ander…  MAAR – ons het die VERSEKERING, dat ons die uitdagings van die lewe nie alleen hoef aan te durf nie…  ONMOONTLIK is ‘n woord wat nie in jou woordeboek KAN bestaan nie, want jy het vir God…  En God, is ‘n spesialis in onmoontlikhede!!  Voel jy nog skepties daaroor as jy dit lees?  Hier is vir jou ‘n stukkie proof:  Markus 9:23 – “As ‘n mens glo, is alles moontlik…”  en ook in Efesiërs 3:20 – “Hy wat mag het, om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of kan dink om te vra…”
Impossible is not a word…  IT’s just an excuse not to try…  Koningskind!  Dis ‘n woord wat uit jou woordeboek verwyder is, die dag wat jy vir Jesus aanvaar het as jou Hemelse Pappa…  Hy is GROTER…  as ENIGE iets…  HY kan ‘n pad maak, waar daar dalk net water lê…  Hy het vir die Israelite ‘n droeë pad gemaak deur die Rietsee toe hulle gevlug het vir die Egiptenare (Eksodus 14:15-31), en Hy het ELKEEN van hulle veilig aan die anderkant laat uitkom…  Hy sal vandag nog dieselfde vir jou doen…  Omdat jy KOSBAAR is, en omdat Hy jou oneindig baie liefhet…  Lewe vandag met VREUGDE in jou hart…  Jou Pa is in beheer!!
Blessings!

No comments: