Thursday 22 March 2012

“All you own in this world is your integrity… Once you give that up, you can never buy it back…” ~ One tree Hill

Haloes! :)
“All you own in this world is your integrity…  Once you give that up, you can never buy it back…”  ~ One tree Hill
Spreuke 10:9
“Die een wat opreg lewe, staan vas…  Die een wat kronkelpaaie loop, kom tot ‘n val…”
Spreuke 28:18
“Hy wat ‘n eerbare lewe lei, sal veilig wees…  Iemand wat ‘n dubbele lewe lei, sal daardeur tot ‘n val kom…”
“One of the hardest things to teach a child is that the truth is more important than the consequences.”  ~ O. A. Battista quotes
“Integrity is doing the right thing, even if nobody is watching.” ~ Anonymous
Sal jy staan vir dit wat reg is – maak nie saak wat nie?  Ek’t ‘n storie gekyk van ‘n meisie wat haar eie besigheid gehad het, met haar ma as haar besigheidsvennoot…  Haar ma het bedrog gepleeg, deur haar dogter se handtekening te vervals op dokumente, wat veroorsaak het dat die beleggers in die besigheid alles verloor het…  Die dogter sou moes tronk toe gaan, omdat haar handtekening op die papiere was…  Haar ma het uiteindelik die waarheid gepraat, en toe ‘n “deal” gemaak met die staat dat sy sou tronk toe gaan, maar haar dogter die besigheid kon behou, ten koste van die beleggers…  Hulle sou steeds niks hê nie…  Die dogter – iemand wat glo in reg en verkeerd, het besluit om die maatskappy te laat likwideer, asook haar persoonlike bates, sodat sy die beleggers kon terugbetaal…  Sy’t gevoel dat ander mense nie moet betaal vir foute wat deur haar ma gemaak is nie…  In die proses het sy ALLES verloor…  Maar iets wat hier vir my uitgestaan het, is dat sy met integriteit opgetree het!!  Sy’t nie aan haar eie behoeftes (want haar werk was absoluut haar passie!), en belange gedink nie, maar aan die behoeftes van ander…  En sy’t haar besluite gemaak, gebasseer wat op eerlik, en reg was…
Sê maar dit was jy hierbo?  Jy kan besluit om jou besigheid te behou, en dus sodoende jou passie uit te leef – ten koste van ander mense, of jy kan die smaller weg (die nie lekker weg van oorbegin) neem, en van voor af ‘n lewe begin bou?  Dit gaan partykeer baie moeilik wees om die eerbare ding te doen, en die nouer pad te loop – maar jy sal steeds jou integriteit hê!!  En wanneer mens saam met God stap, hoef jy nie te worry oor “wat nou?” nie…  Wanneer jy volgens Sy wil handel, deur ‘n lewe te lei wat ‘n voorbeeld vir ander is, sal HY jou daarvoor beloon, en die dinge vir jou in plek laat val…  Wanneer een deur toegaan, sal  Hy ander oopmaak…  Hy belowe in Openbaring 3:8 “Ek ken jou handel en jou wandel…  Kyk, Ek het ‘n geopende deur voor jou gegee en niemand kan dit weer toemaak nie…  Al het jy ook beperkte krag, het jy my boodskap nogtans gehoorsaam, en my nie verloën nie…”
Wees ‘n voorbeeld vir almal wat jou pad kruis…  Mens kan ‘n leeftyd bou aan ‘n goeie reputasie, en om iemand te wees met integriteit…  Maar dis iets wat in ‘n oogwink vir altyd kan weg wees, deur ondeurdagte optrede…  Kies die nouer pad – Jesus loop saam met jou op dit…  Jy sal jou beloning eendag in die Hemel kry…
Blessings!

No comments: