Monday 19 March 2012

“He who hesitates is lost…” ~ Proverb

Haloes! :)
“He who hesitates is lost…” ~ Proverb
2 Corinthians 12:9
“But He said to me, my grace is sufficient for you, because my power is made perfect in weakness…”
Psalm 31:24
“Be of good courage and He shall strengthen your heart…  All you that hope in the Lord…”
“Courage is not the lack of fear, it is acting in spite of it…” ~Mark Twain
“Make up your mind to act decidedly and take the consequences…  No good is ever done in this world by hesitation…” ~Thomas Huxley
Het jy al gesukkel om ‘n besluit te maak?  Ek dink byvoorbeeld aan wanneer jy in ‘n kar ry, en nie seker is oor watter afdraai om te vat nie, jy dan te lank huiwer, en dan die afdraai mis…  As jy net voluit gegaan het daarvoor, sou jy die regte keuse gemaak het, maar omdat jy bang was dit was die verkeerde ene, het jy verkeerd gery…
Mens word ELKE dag gekonfronteer met besluite…  Van wat jy sal aantrek, tot wat jy sal eet, hoe jy jou tyd sal spandeer – die lys kan eindeloos aangaan…  Maar deur te huiwer om ‘n besluit te maak, kan jy baie tyd mors, uitmis op baie geleenthede – omdat jy te bang is die keuse wat jy gaan maak die verkeerde ene gaan wees…  Ons moet ophou om so te twyfel in onsself, en met OORGAWE lewe…  Neem besluite met oorgawe – bid oor ALLES – sodat God aan jou die rustigheid kan gee, of die besluite wat jy neem in lyn is met Sy wil vir jou lewe…  As mens twyfel, is daar gewoonlik rede daarvoor…  Wanneer iets reg is, behoort jy nie ‘n onrustige of onsekere gevoel te hê nie…  Maar maak daardie besluite met oorgawe…  As dit dan ‘n verkeerde besluit is, het jy ten minste voluit gelewe…  Mens mis baie keer uit op die “spel” van die lewe, omdat jy heeltyd op die pawiljoen sit en kyk, en te bang is om jou plek op te neem en met oorgawe te speel! 
Hier is ‘n bevestiging uit die woord dat jy nie alleen sal wees wanneer jy die lewe VOLUIT aanpak nie…  2 Kronieke 20:15-17:  “Moenie bang wees nie!  Moenie moedeloos wees oor hierdie magtige leer nie, want die oorlog is nie julle s’n nie, maar God s’n…  Môre moet julle teen hulle uittrek…  Dit sal nie vir julle nodig wees om te veg nie…  Neem julle posisies in, en staan dan en kyk na die oorwinning van die Here…  Hy is met julle, moenie bang of moedeloos wees nie…  Gaan more soontoe, want die Here is met julle…”
Blessings!
Anel**
PS - Aangesien Woensdag, 21 Maart 2012 'n vakansiedag in SA is, sal die gedagteki eers weer Donderdag 22 Maart 2012 verskyn...  Vir die van julle gelukkig genoeg om 'n vakansiedag in die middel van die week te he, geniet dit baie!!!

No comments: