Sunday 4 March 2012

“The elevator to success is out of order. You’ll have to use the stairs… one step at a time...” - Joe Girard

Haloes! J
“The elevator to success is out of order. You’ll have to use the stairs… one step at a time.” - Joe Girard
2 Korintiërs 4:16-18
“Om hierdie rede gee ons nie moed op nie…  Al is ons uiterlike mens besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe…  Ons swaarkry op hierdie oomblik is gering en tydelik, maar dit bewerk vir ons ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en vir altyd vas sal staan…  Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare, want sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare dinge vir altyd…”
 “There are two primary choices in life: to accept conditions as they exist, or accept the responsibility for changing them.” - Dr. Denis Waitley
“Do not let what you cannot do interfere with what you can do.” - John Wooden
‘n Goeie sportman is iemand wat kan verloor met waardigheid, maar ook iemand wat sal aanhou veg tot daar geen kans meer is nie…  “It’s not over till it’s over!”  Dis iets wat ons ELKE oggend moet onthou wanneer ons, ons oë oopmaak!  Ek dink byvoorbeeld aan ‘n rugby wedstryd…  As halftyd aanbreek, en die span reeds ver agter is, het hulle een van 2 keuses…  Hulle kan maar uitdraf vir die tweede helfte en net “opdaag”…  Dus – hul speel glad nie meer nie…  Hul gaan net “deur die motions” om die wedstryd net oor te kry OF, hulle kan uitdraf met die “mindset” – dat die scoreboard weer 0-0 is…  Hulle moet vergeet hoe ver hulle agter is, en veg met alles wat in hulle is…  Hulle moet hul beste gee, en dan hoop en vertrou dat dit genoeg sal wees om die oorwinning te behaal…
Die scoreboard van jou lewe is elke oggend weer 0-0…  Dit wat jy gister alles verkeerd gedoen het,  is REEDS vergewe toe Jesus vir jou aan die kruis gesterf het…  Al die ander dinge wat verkeerd gegaan het – is dinge wat verby is…  Om vandag nogsteeds daaroor te tob, gaan nie vir jou die VOL lewe gee wat Jesus vir jou het nie!!  Deurdat ons Hom in ons lewe het, en Hom aanvaar het as ons Hemelse Pappa, het ons toegang tot AL die blessings wat Hy vir ons in store het!  Die lewe gaan goed na jou kant toe gooi wat vir jou uitdagings gaan wees…  Al manier hoe ons dit kan face, is deur dit dag vir dag te vat…  Elke oggend ontvang ons weer nuwe krag, en genade vir daardie dag wat voorlê…  God weet presies wat jy nodig het…  Hy sal voorsien wat jy nodig het, om elke dag die scoreboard in JOU guns te laat eindig…  Die dae wat dit nie in jou guns eindig nie, moet jy net sien as ‘n dag waar jou karakter gebou word, en waar jy nuwe dinge leer om jou te equip om weer ‘n positiewe impak in ANDER se lewens te kan maak…  Moenie op jou eie kragte fokus en wat jy kan doen nie – fokus op God – sit Hom eerste en fokus op wat Hy deur jou kan doen…  Wanneer ons ophou om so hard te probeer om al die balle in die lug te hou, en dit oorgee aan God om te juggle, val die dinge in plek…  Hy sal jou voorsien van meer krag en meer energie, en Hy sal sorg dat die dinge waaroor jy so worry, hulself sal uitsorteer…  Vertrou net, en leef VOLUIT!
Blessings!

No comments: