Tuesday 27 March 2012

“A life spent making mistakes is not only more honorable, but more useful than a life spent doing nothing…” ~George Bernard Shaw

Haloes! :)
 
“A life spent making mistakes is not only more honorable, but more useful than a life spent doing nothing…” ~George Bernard Shaw
 
Ephesians 2:2
“For we are God’s masterpiece…  He has created us anew in Christ Jesus, so we can do the good things he planned for us long ago…”
 
Hebrews 13:8
“Jesus Christ is the same yesterday, today, forever…”
 
“Mistakes are part of being human…  Appreciate your mistakes for what they are…  Precious life lessons that can only be learned the hard way…  Unless it is a fatal mistake, which at least others can learn from…” ~Al Franken
 
“If I had my life to live over, I’d dare to make more mistakes next time…” ~ Nadine Stair
 
Dink gou terug aan toe jy op skool was, of toe jy laas ‘n toets geskryf het…  Toe jy die uitslae van daardie toets gekry het, en die vraestel in jou hand gehou het, waarop het jy gefokus??  Ek is seker daarvan (ek weet hoe ek is) – die eerste ding waarna jy kyk is wat jou punte is…  As jy nie 100% is nie, sal jy heel waarskynlik volgende gekyk het, na dit wat jy verkeerd gedoen het?  Mens fokus gewoonlik nie op dit wat jy reggekry het nie, maar op dit wat jy verkeerd gedoen het…  Klink dit bekend?? :)
 
Ek dink baie mense is so ingestel om hul LEWE te leef…  FOKUS ELKE DAG OP ALLES WAT EK VERKEERD DOEN / GAAN VERKEERD DOEN ens…  En hulle vergeet dan om te kyk na al die GOEIE dinge in hul lewe, of dinge wat hulle reg doen?!  ‘n Ander moontlike scenario, is dat jy SO fokus om NIE ‘n fout te maak nie, dat jy geheel en al GLAD NIE leef nie!  Mens kan dit baie keer met besluitneming doen…  So bang wees om die verkeerde keuse te maak, dat jy jouself moeg maak, deur oor en oor die sake te deurdink…  Jy is NOU ALIVE…  JY bevind jouself nie maar per toeval waar jy is nie…  God het jou daar geplaas met ‘n DOEL…  Hy het spesifieke mense in jou lewe gesit, vir ‘n spesifieke rede…  Moenie so bang wees vir foute dat jy uitmis op alles wat GOED en MOOI in jou lewe kon wees nie!!!  God het SO baie vir jou in store!  Jy moet net jou hande en hart oopmaak, en dit ontvang!
 
Sien raak die mense wat God jou mee seën…  Sê daagliks vir jou geliefdes dat jy hulle liefhet!  Moenie wag tot jy nie meer die kans het nie…  Waag kanse…  Wat is die ergste wat kan gebeur?  Dat die geleentheid nie kan uitwerk nie?  Dat iemand vir jou nee sê?  As jy dan teleurstelling moet ervaar, omdat jy kanse gewaag het, sal jy ten minste WEET!  Jy sal nie eendag sit met vrae soos “wat as” nie…   As jy voluit ge-go het vir die lewe, sal jy ongelooflike stories kan vertel…  Onthou – met tyd vervaag alles…  Mens onthou al die kanse wat jy nie gevat het nie…  Jy vergeet baie keer di twat jy wel nagejaag het :)  Moenie EEN dag SPYT afsluit oor iets wat jy eintlik MOES gedoen het nie…  Die tyd is NOU!!
 
Blessings!

No comments: