Sunday 1 April 2012

“Happiness is a mood… Not a destination…” ~ One tree Hill

Haloes! :)
“Happiness is a mood…  Not a destination…”  ~ One tree Hill
Isaiah 26:3-4
You keep him in perfect peace whose mind is stayed on you, because he trusts in you. Trust in the Lord forever, for the Lord God is an everlasting rock.
Psalm 100:1-3
“Juig tot eer van die Here, almal op aarde…  Dien die Here met blydskap, kom voor Hom en sing met vreugde…  Erken dat die Here God is!  Hy het ons gemaak, en ons is Syne…  Sy volk, die skape van Sy wêreld…”
“If it causes you more pain than happiness, less laughter and more tears… there is no day like today to throw it away…”  ~ livehappy.com quotes
Each morning when I open my eyes I say to myself: I, not events, have the power to make me happy or unhappy today. I can choose which it shall be. Yesterday is dead, tomorrow hasn't arrived yet. I have just one day, today, and I'm going to be happy in it… - Groucho Marx
As jy vanoggend jou gemoedstoestand moet beoordeel – is jy a) gelukkig; b) ongelukkig ?  Ek dink die grootste gros mense wat hierdie lees, sal dalk in kategorie b val…  Hoekom sê ek so??  Want die lewe is nie vir sissies nie J  Daar is meer moeilike as maklike dae, meer uitdagings as oorwinnings…  En ek het nie ’n BENUL hoe jy deur dit kom, as jy nie vir Jesus ken en aanvaar het as jou Hemelse Pa nie…  Maar terug by my oorspronklike vraag.  As jy in kategorie b val – naamlik ONGELUKKIG wil ek vanoggend vir jou vra – WAT maak jou ongelukkig?  Is dit iemand in jou lewe wat jou ongelukkig maak?  Is dit ’n situasie waarin jy vasgevang is?  Is dit die uitdagings van die lewe wat dalk maar net groot is?
Nou, volgende vraag – kan jy iets aan jou ongelukkigheid doen?  Byvoorbeeld – ’n ongelukkige verhouding / vriendskap:  Persoon wat jou afbreek en jou inhibeer om die mens te word wat God jou bestem het om te wees?  Hoekom bly jy in daardie verhouding of vriendskap?  Onthou – God het jou die geskenk van KEUSES gegee…  Dis jou KEUSE of jy in ’n verhouding of vriendskap is wat jou ongelukkig maak…  En NET jy kan kies om ’n einde te maak aan iets wat vir jou meer ongelukkigheid bring, as gelukkigheid…  As jy nie weet hoe om uit die verhouding of vriendskap te kom nie – BID.  As jy in ’n moeilike situasie vasgevang is – kry ander Christene wie jy kan vertrou om saam met jou te bid…  God beantwoord gebede – ELKE dag!  En daar waar twee of meer in Sy naam saam bid, daar is God!  As dit dalk omstandighede buite jou beheer is wat jou ongelukkigheid veroorsaak het – soos siekte, werk wat verloor is, finansiele moeilikheid – Gee dit vir God in gebed…  Hy is ELKE nag WAKKER, so dis nie vir jou nodig om wakker te lê oor dinge buite jou beheer nie.  HY is die enigste een wat dinge wat groter as jyself is, kan oplos.
So die gemene faktor in die dinge wat jy kan beheer en die dinge wat jy nie kan beheer nie, is gebed…  Ons het ELKE dag iets om voor dankbaar te wees – al is dit ook klein dingetjies!  En jy het ELKE dag die keuse – soos Groucho Marx se – om te kies of jy gaan toelaat dat gebeurtenisse jou JOY steel en of jy gaan fokus op Jesus.  Wanneer jy op Jesus fokus, BELOWE ek jou sal die hartseer dinge, sommer kleiner word en jou gelukkigheid, sal toeneem.  Moenie fokus op die onmoontlikhede nie – dit SAL jou ongelukkig maak.  Fokus op God – want soos jy weet SPESIALISEER Hy in onmoontlikhede…  Hy kan nie WAG om daardie onmoontlikheid in jou lewe, ’n moontlikheid te maak nie…  Al wat Hy wil hê is dat jy sal ophou probeer om superman of superwoman te wees, en dit oor sal gee in Sy hande…
Blessings!
Anel**

No comments: