Sunday 18 March 2012

“I am not discouraged because every wrong attempt discarded is another step forward…” ~Thomas A Edison

Haloes! J
“I am not discouraged because every wrong attempt discarded is another step forward…” ~Thomas A Edison
Josua 1:9
“Solank jy lewe sal niemand teen jou bestand wees nie…  Soos ek by Moses was, so sal ek by jou wees…”
Hebrews 4:16
“Let us approach the throne of grace with confidence, so that we may receive mercy and find grace to help us in our time of need…”
“What would life be if we had no courage to attempt anything?” ~Vincent van Gogh
“Nothing great was ever achieved without enthusiasm…” ~Ralph Waldo Emerson
As jy jou hand op ‘n warm plaat neersit of jou arm teen ‘n oondelement laat raak, wat gebeur?  Jy brand!  En dit kan merke los op jou vel wat baie lank vat om weg te gaan…  Deur die brandmerke te sien om jou hande, sal dit jou herinner aan hoe seer dit was toe dit gebeur het!  Dit sal ook maak dat jy die volgende keer wat jy met ‘n plaat of oond werk, meer versigtig te werk gaan, om te voorkom dat jy weer brand…
Die lewe is nes die bostaande situasie…  Ons neem partykeer verkeerde afdraaie, neem verkeerde besluite as gevolg van groepsdruk, of sommer net omdat ons nie dink nie…  Wanneer ons dan op die verkeerde paaie is, of verkeerde besluite neem, kan dinge gebeur, wat veroorsaak dat ons baie keer bitter seerkry, en wat dan veroorsaak dat jy die “scars” van daardie situasie saam met jou dra…   Moenie dit as ‘n verdoemenis sien nie…  Die scars wat jy het van die situasies wat jy moes deurmaak, is wat God gebruik om jou te shape, sodat jy ‘n sterker mens anderkant kan uitkom…  Daardie scar moet jou nie aftrek nie, maar motiveer om weer te probeer, te vergeet van dit wat verby is, en te fokus op dit wat kom…  Elke fout of mislukking wat jy deurmaak, is een treetjie nader aan die deurbrake waarvoor jy bid…  God is bitter lief vir jou – nes jy is…  Sonder die scars wat jy oor jou leeftyd bymekaar gemaak het, sal jou naam nie X wees nie…  Dis wat karakter aan ons lewens gee…  Bid vir God se vergifnis vir die verkeerde besluite – Hy is barmhartig, en vol liefde, en sal dit nie teen jou hou nie!  Hy gaan gooi daardie sonde in die diepsee, en vergeet daarvan…  Psalm 103:12 - 13 sê:  “So ver as die Ooste van die Weste is, so ver verwyder Hy ons oortredings…   Soos ‘n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor hulle wat Hom dien…”  En weet dat Hy vandag saam met jou is...  Maak nie saak wat die dag mag oplewer nie - jy kan dit face en hanteer, want jou Pa is die Koning van die Heelal wat jou sal voorsien van die krag om dit te kan doen...
Blessings!

No comments: