Wednesday 14 March 2012

“Where there is no struggle, there is no strength…” ~Oprah

Haloes! :)
“Where there is no struggle, there is no strength…” ~Oprah

Ephesians 6:10

“Be strong in the Lord, draw your strength from Him…”

Eksodus 15:2

“My krag en my sterkte kom van die Here, Hy gee my die oorwinning… Hy is my God… Ek wil Hom loof…”

“Strength does not come from your physical capacity. It comes from an indomitable will…” ~Mahatma Ghandi

“You gain strength, courage and confidence by every experience in which you really step to look fear in the face. You are able to say to yourself, I lived through this horror. I can take the next thing that comes along… You must do the thing you think you cannot do…” ~Eleanor Rooseveldt

Ek het nou die dag ‘n aanhaling gelees –If it is important to you, you will find a way… If not, you will find an excuse… Ek ken nie jou situasie nie… Ek weet nie waarmee jy tans worstel of wat jou bang maak nie… Feit is, elkeen van ons gaan somtyds deur moeilike tye… Elkeen van ons wens partykeer dat ons meer krag gehad het om die moeilikhede te kan face… Al hoe mens uit moeilike tye kom, is om deur te druk… Om te volhard!!

Ek dink aan toe ek in my woonstel ingetrek het en ek hoeveel sakke moes dra… My arms het op ’n stadium gevoel of dit gaan afbreek! Ek het letterlik GEEN krag meer in my gehad nie, maar ek kon nie iets neersit nie of iets laat gaan nie, want van die goed kon breek… Ek moes vir myself klein doelwitte stel van –stap nog net tot by daardie punt, dan kan jy 5 sekondes rus… Ek het geweet dat as ek sou ophou, sou ek dalk net daar aan die slaap raak van moegheid J Ek weet nie of dit dalk jy vandag is nie? Jy hou aan met hardloop, want jy weet, as jy sou ophou, sal jy dalk nie weer aan die gang kan kom nie… Of dat jy net nie fisies die krag sal kan he om aan te gaan nie… Wees sterk in God –laat Hom toe om die swaar van jou situasie op Hom te neem… Moenie so swaar probeer dra aan al die dinge wat tans in jou lewe is nie – laat God toe om jou te help! Hy sal jou petroltenk kom vul met dit wat jy nodig het om te kan volhard! Vind jou krag in Hom... Hy het jou nie verlaat in hierdie moeilike tyd wat jy deurmaak nie... HY is steeds langs jou, en Hy sal sorg dat jy sterker aan die ander kant uitkom, sodat jy weer vir mense wat soortgelyke moeilikheid moet deurmaak, te kan bemoedig... Ek wil jou Josua 1:9 vanoggend gee... "Solank jy lewe sal niemand teen jou bestand wees nie... Soos ek by Moses was, so sal Ek by jou wees... Ek sal jou NOOIT verlaat nie, jou NOOIT in die steek laat nie..."

Blessings!

No comments: