Tuesday 13 March 2012

“Forgiveness means letting go of the past…” ~Gerald Jampolsky

Haloes! :)
“Forgiveness means letting go of the past…” ~Gerald Jampolsky

1 Korintiërs 10:13

“Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom is nie unieknie; ander ondervind dit ook…  God is getrou…  Hy sal keer dat die versoekingte sterk vir julle word…”

Psalm 18:32-34

“Want wie is anders as die Here God?  Wie anders asGod is ‘n rots?  God rus my toemet krag; Hy maak my pad veilig…  HY maakmy voete soos die van ‘n wildsbok, op hoë plekke laat Hy my veilig  staan…”

“The weak can never forgive…  Forgiveness is the attribute of beingstrong…” ~ Mahatma Ghandi

“You can’t undo anything you have already done,but you can face up to it…  You can tell the truth, you can seek forgiveness…  And then let God do the rest…”

Ghandi is‘n legend!    “Forgiveness is theattribute of being strong…”  Vergifnis…  Dis iets waarmee ons as mens nogals sukkeldink ek…  “Ek sal jou vergewe, maar eksal nooit vergeet nie…” Dis woorde wat maklik rondgegooi word…  Hoe kan mens dit sê, maar dan verwag datJesus JOU oortredinge moet vergewe?  Ja,MAAR…  Anel, JY weet nie wat persoon Xaan my gedoen het nie…  Ek verdien ditnie…  Waarheid – NIEMAND van ons verdienom seer te kry nie…  Niemand van onsverdien om in die rug gesteek te word, verneuk te word, besteel te word ens ensens nie…  Dink die lys kan vir altydaangaan as ons dinge begin opnoem. 

Iets wat ek ook egter weet, is dat Jesus nie verdien het omaan ’n Kruis te sterwe vir die WERELD se sondes nie…  Hy is die enigste persoon wat ooit gelewehet, wat nooit gesondig het nie!  En toghet Hy die swaarste prys betaal deur ALMAL wat bestaan se sonde op HOM teneem…  DIT, my vriende, is liefde…  En Hy het ons elke dag lief, SELFS al moes Hydeur daardie pyn gaan – vir my en jou… Selfs al maak ons Hom so seer met alles wat ons daagliks verkeerddoen…  Hy hou dit nie teen ons nie!  Maar, ons moet ons sondes bely – daagliks…Selfs al sukkel ons om iemand te vergewe vir wat hulle aan ons gedoen het…  Die enigste manier om te vergewe, is om tebid…  Net Jesus kan vir jou rustigheid envrede in jou hart gee, en die kwaadgeit en hartseer wegneem.  Niemand in die wereld gaan dit vir jou kandoen nie…

Hiermee se ek nie dat jy jou vingers gaan klap en dieseergeit gaan verdwyn nie…  Dit gaan ’nkeuse neem om die persoon te vergewe, en gebed dat God jou rustigheid sal gee,en die seer minder sal maak…  Mag God jou’n sagte hart en sagte woorde gee vir die mense wat jou seermaak…  Mag Hy jou help om die stukkendheid van dieverlede te laat gaan, sodat jy ’n heel toekoms kan hê…

Blessings!

No comments: