Wednesday 29 February 2012

“When you feel you are drowning in life, don’t worry – your lifeguard walks ons water…” ~ Anonymous

Haloes! :)
“When you feel you are drowning in life, don’t worry – your lifeguard walks ons water…” ~ Anonymous
Jakobus 1:2-4
“My liewe broers en susters, wanneer julle in allerlei beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees…  Julle weet mos, wanneer mens se geloof ‘n toets deurstaan, veroorsaak dit dat  jy kan volhard…  Julle moet egter enduit volhard…  Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees…  Julle sal niks kortkom nie…”
Jakobus 1:5
“Vra vir God as jy nie kan afterkom wat Hy wil hê jy moet doen nie…  Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy gevra het nie…  Maar as ‘n mens bid, moet jy vertroue hê dat God sal antwoord, want iemand wat twyfel, is soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word…  So iemnad kan mos nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie…”
Every day may not be good, but there's something good in every day.  ~Author Unknown
Die Klein vissie swem, duidelik gestress, op en af in die middel van die oseaan.  Hy swem by die groot vis verby, en die ou kan sommer dadelik sien daar's fout.  Hy roep die Klein vissie terug en vra hom waarna hy so ernstig opsoek is.  Die vissie sê toe dat hy dringend opsoek is na water, want hy't iemand hoor sê dat 'n vis doodgaan sonder water…  Die groot vis, duidelik al 'n "old campaigner", antwoord: "Maar Vissie, jy Swem nog jou hele lewe lank in die water.....!" Wat 'n openbaring vir die Klein vissie!  Hy kon nie gou genoeg terugswem na sy vriende toe om vir hulle die goeie nuus te gaan vertel nie!  As ons maar elke dag kan besef ons swem in die seën van God,  Swem in voorspoed, Swem in geluk en blydskap en Swem in die liefde van ons almagtige Vader! Dit is somtyds net nodig dat ons stop en dit raaksien! Dit is selfs nodig dat ons so 'n tydjie afknyp om God te bedank daarvoor....  ~ Forward email
Hierdie storietjie was vir my bitter oulik!  Dis so ‘n groot waarheid!!  Ons worry daagliks oor soooo baie dinge…  Ons lewe is soos ‘n atleet wat aan ‘n triathlon deelneem…  Daar is drie afdelings – swem, hardloop en fiets…  Jy weet vooraf wat die afstand is wat afgelê moet word, en jy weet wat jou doelwitte is…  Daar kan egter dinge langs die pad gebeur wat jy nie voorsien het nie…  Jy kon hoe goed voorberei het, hoe die “race” gaan, hang af van hoe dit OP die dag gaan…  Daar is tonne faktore wat ‘n rol kan speel…  Jou bene kan opkramp terwyl jy hardloop, jou fiets kan breek, mense kan jou afrduk terwyl jy swem, of die weersomstandighede kan totaal en al ongunstig wees...
Ons weet ook wat ons doelwitte in ons lewe is…  Ons weet dat God met ons is, en dat Hy elke oomblik van elke dag by ons is…  Tog WORRY ons!  Voordat die onvoorsiene gebeur, is ons klaar bekommerd oor die “wat asse!”  Ons het heel dikwels alles wat ons nodig het – net soos die vissie, maar ons sien dit nie raak nie, omdat vrees ons heeltemal lam laat en verblind, dat ns nie kan sien DIT wat WEL regloop, en WEL goedgaan in ons lewens nie…  Die duiwel het ‘n manier om jou te laat fokus op alles wat verkeerd is, en alles wat moontlik nog verkeerd kan gaan!  Moenie hom ‘n HALWE kans gee nie!!  Jesus is MET jou…  Hy sal jou GPS wees, soos wat jy jou lewens race hardloop…  Sodat jy met VOLHARDING kan aangaan, selfs wanneer dit vir jou voel of jy GEEN krag meer oor het nie…  As dit jy is vanoggend, wil ek vir jou gee – Jesaja 40:31 – Maar die wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry…  Hulle vlieg soos arende, hulle sal hardloop en nie moeg word nie…  Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie…”
Blessings!
 

No comments: