Tuesday 7 February 2012

Life is like a box of chocolates - You never know what you are going to get... ~ Forest Gump

haloes :)





"Moet niks bere vir daardie spesiale geleentheid nie... Om te leef, is daardie spesiale geleentheid..." ¬ Anoniem

Psalm 37:5

"Laat jou lewe aan die Here oor, en vertrou op Hom... Hy sal sorg..."

Psalm 54:6

"Vir my help God altyd, die Here hou my lewe in stand..."

"Dit is eintlik baie makliker om te lewe as wat baie mense dink... jy moet maar net die onmoontlike kan aanvaar, sonder die noodsaaklike kan klaarkom en die ondraaglike verduur..." ¬ Kathleen Norris

Die eerste quote het sommer dadelik my aandag vasgevang... moet niks bere vir daardie spesiale geleentheid nie... Om te lewe, is daardie spesiale geleentheid... Ons raak so ge-brainwash deur spookasem flieks, dat wanneer die lewe nie sulke perfekte swaaitjies en draaitjies maak soos wat ons, in ons gedagtes opbou nie, raak ons sommer teneergedruk en negatief... Die lewe is hard - dit is die realiteit... Dit is egter 'n spesiale geleentheid... Elke oggend wat jy jou oe oopmaak, het jou Hemelse Pa jou gespaar en geseen met nog 'n dag... 'n Dag vol van geleenthede... 'n Outjie by my werk het vandag vir my gese - Life is like a box of chocolates - You never know what you are going to get... ~ Forest Gump
Dink gou vir 'n oomblik hoeveel moeite jy doen as jy op 'n "date" met iemand gaan - of dit nou iemand spesiaal is / net 'n vriend of vriendin... Mens doen ekstra moeite met jouself en jy sien met afwagting en verwagting uit!!! Dit is ook hoe ons ELKE dag moet benader! Ons moet in verwag dat God ons gaan AMAZE met talle van daardie ongelooflike blessings wat Hy vir ons as sy kinders het... Ons moet VOLUIT lewe... Selfs al gaan jy die dag binne, en daardie box of chocolates bevat eintlik klippe daarin en nie sjokolade nie... Moenie dat dit jou onderkry nie, maar laat God toe om jou gedagtes te vernuwe... As jy elke dag geweet het hoe vandag sou wees, dink net hoe saai sou die lewe nie wees nie :) Ons sou ook minder geleentheid gekry het om karakter te bou, aangesien ons reeds sou weet wat vir ons voorle... JY, nes jy hierdie vandag lees, kan n inspirasie vir iemand anders vandag wees... Sonder dat jy dit besef, is daar mense wat jou bewonder, jou liefhet, en wens dat hulle soos jy kan wees... Deur tyd te maak vir mense, kan jy daardie goeie eienskappe uitdra - en sodoende Jesus se Koninkryk laat kom...
God het SO BAIE IN STORE vir jou LEWE! Bid dat Hy Sy strome van blessings op jou sal unleash!  Jou storie en dit wat jy moet deurmaak, kan dalk 'n best seller word, wat dan weer op sy beurt iemand anders kan insprieer om groot dinge te doen!

blessings :)

anelli**

anelli**

No comments: