Monday 13 February 2012

“The Lord, who turned water into wine, can also turn the mess you are in, into a message…” ~ Peter de Villiers

haloes! :)


“The Lord, who turned water into wine, can also turn the mess you are in, into a message…” ~ Peter de Villiers

Jeremia 1:5

“Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken… Voordat jy gebore is, het Ek jou aan my gewy en jou as profeet van die nasies aangestel…”

Matteus 14:30-31

“Maar toe Petrus sien hoe sterk die wind was, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: Here, red my! Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?”

What great thing would you attempt if you knew you could not fail? ~Robert H. Schuller

“Elke oggend bestee ek 15 minute daaraan om my gedagtes op God te fokus… Dan is daar nie plek vir kommer nie…” ~ Howard Chandler Christy

Ek het die naweek ‘n forward email met die volgende aanhaling gekry: “Faith can move mountains… Doubt can create them…” Hierdie gelykenis waar Jesus die water in wyn verander het, is ‘n ongelooflike verhaal… Die dominee het dit by nefie hulle se troue gelees… Ek dink die bruidspaar moes seker lekker op hul senuwees gewees het toe die wyn opgeraak het by die troue! Wat doen mens?! Die gaste verwag ‘n partytjie, spys en drank, en hier, aan die begin van die aand is die wyn op! Jesus het daardie aand gedoen wat vir ons as mens onmoontlik is…

As ek net dink hoe dit normaalweg gaan – en ook uit wat ek uit ander mense se vertellinge kan aflei – wanneer dinge nie gaan soos wat ons beplan nie, of soos ons hoop nie, raak ons baie keer paniekerig… Ons begin bekommerd raak omdat ons nie weet wat om te doen nie of omdat ons nie ‘n uitweg kan sien nie… Daardie bekommernis kan SO groot raak, dat dit ‘n sneeubal effek het! Jy kan worry, en worry, tot jy geen energie meer het nie! En al wat die worry gaan doen, is om jou moeg te maak… Maar wanneer jy “let go” van die probleem, en BID, laat jy dit aan God oor… En wanneer jy dit aan God oorlaat, is die onmoontlike moontlik!! Lukas 1:37 sê – Niks is vir God onmoontlik nie… Ons dien ‘n God wat siekes genees het (en daagliks nog genees!), ons dien ‘n God wat water in wyn verander het, ‘n God wat ‘n menigte kos gegee het met 2 vissies en 3 broodjies… Pieter de Villiers se aanhaling hierbo is vir jou en my geskryf vandag… God can turn your mess, into a message… Die keuse is ons s’n… Of ons gaan aanhou om ons te bekommer oor dit wat ons nie kan doen nie, en of ons net vir God gaan toelaat om deur ons situasie, ‘n boodskap van hoop te bring… Jy is nie maar toevallig daar waar jy jouself bevind vandag nie… Al lyk dinge HOE sleg, God wil jou gebruik om ‘n boodskap van HOOP vir die mense rondom jou te wees… Hy sal sorg vir die oplossing!! Bly jy net vertrou, en bly in gebed… Hy sal jou nie in die steek laat nie…

Blessings!



No comments: