Thursday 2 February 2012

“I do not believe in past lives – we have one life, one chance… And it’s up to us what we do with it!” ~ One Tree Hill

Haloes! :)


“I do not believe in past lives – we have one life, one chance… And it’s up to us what we do with it!” ~ One Tree Hill

Josua 1:9

“Niemand sal teen jou bestand wees nie… Soos wat ek by Moses was, so sal Ek saam met jou ook wees… Ek sal jou nooit in die steek laat nie, jou nooit los nie… Wees sterk en wees dapper…”

Deuternomium 31:6

“Wees sterk en hou goeie moed! Moenie vir hulle bang wees nie! Die Here julle God sal met julle wees… Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie verlaat nie…”

Life is not always fair. Sometimes you get a splinter even sliding down a rainbow. ~Terri Guillemets


He who has a why to live, can bear almost any how. ~Friedrich Nietzsche

Ek wil vanoggend hierdie vers met jou deel: Proverbs 28:25 – Those who put their hope in the Lord, will prosper… ‘n Mens se lewe is opgedeel in seisoene… Daar is seisoene van Somer, wanneer dinge goed gaan, lig is, en jy net die lewe wil embrace! Daar is lente, wanneer alles nuut is, pragtig is, en blessings soos nuwe blomme daagliks in jou lewe blom! Daar is herfs, wanneer dinge sukkel om uit te werk, en ons daagliks met uitdagings gekonfronteer word… En dan is daar winter… Wanneer dit vir jou voel of jou dae met mistroostigheid en donker gehul is… Omdat die lewe jou onderkry… En jy dalk net nie meer weet watter kant toe nie, omdat dinge net nie wil uitwerk nie…

Een van my gunsteling aanhalings, kom uit Kung Fu Panda – Life is a gift… That is why it is called “the present”… Ons sien egter nie elke dag die groot geskenk wat aan ons gegee is nie?! Ons het ELKE dag 86,400 sekondes wat aan ons geskenk word! Wat jy daarmee doen, hang van jou af, maar niks van daardie sekondes kan na môre oorgedra word nie… Jy moet NOU daardie verskil maak, waaroor jy droom om EENDAG te maak… Jy moet NOU werk aan jou drome, NOU jou beste gee in jou swottings, jou werk, jou verhoudings! Jy moet NOU liefhê… Jy moet NOU die geleenthede aangryp wat jou kant toe kom, en wanneer jy dit aanpak, moet jy dit LEEF!! Moenie so in die toekoms leef, en uitsien na dit wat nog ver lê, dat jy verby die daaglikse seën kyk wat ELKE dag aan jou geskenk word nie!! LEEF in die NOU!!! Môre bring sy eie bekommernis en dinge… Moet nie een dag spyt wees oor als wat jy nie gedoen het nie = die tyd is nou… of jy al oud is, of nog baie jonk! Moenie vaskyk in jou ouderdom nie… God het ‘n doel vir ons elkeen – en dis NOOIT te laat vir ‘n nuwe begin nie… Met jou daaglikse geskenk van 86,400 sekondes – en ek sien dit, as DAAGLIKS ‘n nuwe kans, nuwe geleentheid om GROOT dinge vir God te doen, deur VOLUIT te lewe!!! Jy is nie per ongeluk waar jy jouself bevind nie! God het ‘n ONGELOOFLIKE plan vir jou, en Hy kan jou DAAR waar jy TANS is – al lyk dit somber en sonder enige geleenthede! – KAN Hy jou gebruik! Jy moet net ‘n gewillige hart hê… Laat God toe om jou te seën, deur jou te gebruik, waar Hy wil! Hy gaan jou omboul in 2012 as jy Hom toelaat, met alles wat Hy vir jou het! J Probeer ELKE dag EEN iets doen wat ‘n verskil in iemand anders se lewe maak – al is dit om vir iemand koffie te maak, of net ‘n gewillige oor te wees… Doen elke dag EEN iets vir jouself – wat vir jou lekker is (dit maak die lewe die moeite werd :)), en ook EEN iets wat jou bang maak (dit help jou om voluit te lewe!!)… FACE YOUR FEARS, BY LIVING YOUR DREAMS!!!! Moenie wag vir môre nie – doen dit NOU!

Blessings! :)

No comments: