Sunday 19 February 2012

“Love is bigger than any tidlewave, more powerful than any fear…” ~ Soul Surfer

Haloes! :)
“Love is bigger than any tidlewave, more powerful than any fear…”  ~ Soul Surfer
1 Corinthians 13:4–8a
Love is patient, love is kind. It does not envy, it does not boast, it is not proud. It is not rude, it is not self-seeking, it is not easily angered, it keeps no record of wrongs. Love does not delight in evil but rejoices with the truth. It always protects, always trusts, always hopes, always perseveres. Love never fails…
1 John 4:18                        
There is no fear in love. But perfect love drives out fear, because fear has to do with punishment. The one who fears is not made perfect in love
“Life is short, Break the Rules.  Forgive quickly, Kiss slowly...  Love truly... Laugh uncontrollably...  And never regret ANYTHING…That makes you smile..." ― Mark Twain
“Don't cry because it's over, smile because it happened..." ― Dr. Seuss
Perfect love drives out all fear…  Dit is vir my een van die mooiste stukke in die Bybel…  As jy liefhet, is daar nie plek vir vrees nie!   Waarvoor is jy bang?  Watter dinge laat jou ‘n koue sweet van vrees uitslaan?  Weet jy wat?  God is groter as dit waaraan jy nounet aan gedink het…  Hy is groter, en sterker, en Hy het die Satan REEDS oorwin, die dag toe Hy “ PERFECT LOVE” vir ons kom wys het, deur Sy Seun aan ‘n houtkruis te laat sterf…  Daardie dag het Hy kom verklaar dat geen dood, siekte, nood, hartseer of stukkendheid ‘n kans staan teen Hom nie… 
Toe ek klein was, was dit altyd vir my die grootste “comfort” om te weet dat as die nag te donker raak, ek net my hand kon uitsteek en my bedlampie aanskakel…  Wanneer daardie liggie aangegaan het in die nag, en ek kon sien dat alles in my kamer nogsteeds is soos wat dit was toe ek gaan slaap het, en die aaklige drome wat ek gedroom het, nie ‘n werklikheid is nie, het dit my met ‘n rustigheid kom vul…  Ons probleme en dinge waarmee ons worstel het ‘n geneigdheid om altyd in die donker groter te lyk!  Die duiwel weet wanneer ons vulnerable is, en weet wanneer om gedagtes van vrees, en ook twyfel in God aan te por…  Snags!  Weet jy watter gerusstelling jy vandag kan hê – Jy dien ‘n God wat NOOIT SLUIMER OF SLAAP NIE!  Hy is HEEL dag en heel nag wakker!  Hy is groter as ENIGE iets wat jy op die oomblik face, en die dag toe Hy vir JOU en MY gesterf het, het Hy ons kom belowe dat ons NOOIT alleen die lewe se probleme sal hoef aan te durf nie…  Ons is in Sy Span, en ons speel daagliks vir ons plek in die Hemel…  Hy sal jou NOOIT verlaat nie, jou NOOIT in die steek laat nie…  As die lewe se dinge dalk te groot raak dit vir jou voel of daar nêrens ‘n lig is om aan te skakel nie, bly op jou knieë…  Selfs al het jy nie die woorde om te bid nie – mens gaan deur sulke tye ook – dis NORMAAL!  Sit net rustig, maar laat God toe om met JOU te praat, deur Sy woord, of deur geliefdes, wanneer jy nie die woorde het nie…  Hy sal jou nie verlaat nie…  Vir jou wat sukkel vandag wil ek Psalm 23 kom gee – “Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my…  In U hande is ek veilig…”
Blessings!

No comments: