Tuesday 28 February 2012

“You cannot start the next chapter to your life if you keep on re-reading the last one…”

Haloes! :)
“You cannot start the next chapter to your life if you keep on re-reading the last one…”
Johannes 10:27
“My skape luister na my stem en Ek ken hulle, en hulle volg My…  Ek sal ook die Ewige Lewe aan hulle gee, en hulle sal so nimmer as te nooit verlore gaan nie…”
Josua 1:5
“Niemand sal teen jou bestand wees solank jy leef nie…  Soos wat Ek by Moses was, so sal Ek ook saam met jou wees…  Ek sal jou nooit in die steek laat nie, jou nooit los nie…”
“Life is like a piano…  What you get out of it, depends on how you play it…”  ~ Anonymous
So often time it happens, we all live our life in chains, and we never even know we have the key...  ~The Eagles, "Already Gone"
Wanneer ek ‘n lekker nuwe leesboek kry, het ek partykeer die geneigdheid om die laaste bladsy te lees voor ek die boek begin J  Ek weet dis nie hoe jy veronderstel is om dit te doen nie, maar ek wil weet of ek ‘n goeie einde kan verwag!  Partykeer – om dit nie vir myself te spoil nie, probeer ek dit net so scan (en nie detail te lees nie), net om ‘n gevoel te kry van of dit darem die moeite werd gaan wees om die boek enduit te lees… 
Met ons lewens, dink ek het ons ‘n ander geneigdheid…  Ons sukkel partykeer so om te verwerk wat gebeur het in ‘n vorige hoofstuk, dat ons nie kan aanbeweeg om aan ‘n nuwe hoofstuk van ons lewe te begin skryf nie…  Of dit dalk teleurstelling was wat jy beleef het, of mislukking, verkeerde besluite, hartseer gebeure…  Jy kan nie jou Lewe in die HEDE leef, deur vasgevang te wees in die verlede nie!  Dinge wat in die verlede gebeur het – het gebeur…  Mens kan dit nie verander nie – maar wat jy WEL kan verander, is hoe jy vandag, en elke dag vir die res van jou lewe leef!  Die lewe is KORT vriende…  Mens besef dit nie elke dag nie…  Ons kla oor nietige dinge soos ‘n huis wat deurmekaar is, vriende wat jou teleurstel, ‘n koffievlek wat jy nie kan uitkry uit jou klere nie, tyd wat te min is, werk wat te veel is…  Moenie my verkeerd verstaan nie - dis alles dinge wat mens maar partykeer oor mag kla – die klein jakkalsies wat die lewe ‘n uitdaging maak – maar dis net wat dit is… Klein jakkalsies…  Ons lewe is soveel meer as hierdie dinge!  Ons God is SOVEEL GROTER as al hierdie dinge, en al is ons dae HOE sleg, daar is ALTYD iets om voor dankbaar te wees…  Daar is ALTYD iemand met wie dit slegter gaan as met jou… 
Niemand van ons se storie is dieselfde nie…  Elkeen van ons het ons eie paadjie om te loop,ons eie uitdagings en battles om te fight en uiteindelik, ons eie storie om te vertel…  Om vorentoe te beweeg, moet jy dit wat agter jou lê daar laat…  Jy kan vandag VERANDER, daardie dinge wat jy nie van gister kan uitvee nie…  Foute = ervaring  in die leerskool van die lewe…   Wees dankbaar vir elke nuwe bladsy (in die vorm van ‘n nuwe dag) wat God aan jou geskenk het…  En gebruik dit tot EER van Sy naam…  Vergewe die mense wat jy moet vergewe…  Waag groot dinge vir God…  Laat TOE dat God jou kan gebruik soos Hy wil…  Sê vir die mense in jou lewe dat hulle vir jou kosbaar is…  DANS as jy wil dans, en huil as jy wil huil – doen dit net voluit!!!  Maak seker dat die mense wat jy liefhet – dit WEET…  Moenie ‘n kans laat verbygaan wat jou kant toe kom nie…  God is by jou – selfs al gaan jy in jou lewensverhaal deur donker dieptes – HOEF JY NIE BANG TE WEES NIE – want HY is BY JOU…  Elke tree… (Psalm 23)…  Maak seker jy laat ‘n lekkerlees verhaal agter – dat jy jou eie LEGACY agterlaat wanneer jy eendag die aarde verlaat…  Fillipense 4:13 – Jy is tot ALLES in staat, deur Hom wat aan jou die krag gee…
Blessings!

No comments: