Tuesday 14 February 2012

To eat an egg, you must break the shell. ~Jamaican Proverb

Haloes! :)


To eat an egg, you must break the shell. ~Jamaican Proverb

Markus 11:24

“Alles wat julle in gebed vra, sal julle ontvang, mits julle God daarmee vertrou…”

Psalm 121:7-8

“Die Here bewaar jou van alle kwaad en Hy beskerm jou lewe… Die Here hou wag oor jou, of jy kom of gaan, nou en vir altyd…”

“Waag groot dinge vir God en verwag groot dinge van Hom…” ~ William Carey

To win you have to risk loss. ~Jean-Claude Killy

Een van my gunsteling aanhalings is – “If you are not living on the edge, you are taking up too much space…” Risiko… Toe ek geswot het, was een van die dinge wat ons geleer het – hoe groter die risiko, hoe groter die opbrengs… Iemand wat kleiner risiko’s neem, sal ‘n kleiner belonging kry as die een wat ‘n groter risiko loop… Ek dink die meerderheid mense probeer risiko so min as moontlik hou… Stick met dit wat jy ken – dan weet jy ten minste wat jy kry… Loop jy groot risiko, en werk die dinge nie uit nie, sou jy alles verloor het wat jy op die spel geplaas het…

Hierdie het my laat dink aan die storie in die Bybel waar die Eienaar van slawe met vakansie gegaan het en aan elkeen van sy werkers muntstukke toevertrou het… Een het 3 gekry, een 2 en een 1… Twee wat die meeste gekry het, het gewoeker daarmee terwyl hul eienaar weg was, en het nog ‘n groter opbrengs verdien… Die een wat 1 stuk ontvang het, het dit in die grond begrawe, en toe sy eienaar terugkom, steeds net 1 gehad… Hy was nie bereid om sy nek uit te steek, en te waag nie… Die een geldstuk wat aan hom gegee was, was in elk geval nie syne nie… So indien hy gewaag het, en dit verloor het, sou hy ten minste probeer het en hy sou kon leer uit die situasie – MAAR, hy sou niks eintlik verloor het, want die muntstuk was nie syne om mee te begin nie…

JOU lewe is soos hierdie storie… God het aan ons die LEWE as ‘n geskenk gegee… Wat jy daarmee doen – HANG VAN JOU AF! Is God die begin en die einde van jou dag? Om te kan wen, moet jy in die wedloop wees! Of in die geveg veg! Baklei vir die dinge wat saakmaak in die lewe!! Ek dink as ons minder fokus op “wat as dit verkeerd gaan” en meer fokus op – “wat as dit werk?!” sal ons stom wees met al die blessings wat God vir ons in store het!! Ek weet dat ek eendag aan die einde van my lewe wil kom, en nie wil spyt wees oor 1 geleentheid waarop ek uitgemis het nie!! In Adele se een liedjie sing sy – “regrets and mistakes, are memories made…” As jy nooit foute maak nie, gaan jy nooit voluit lewe nie… Ons is mense, met foute… Nie een van ons is perfek nie… Laat God toe om jou “onperfektheid” te gebruik in die perfekte situasies… LEEF ELKE OOMBLIK! Spandeer tyd saam met mense, en op dinge wat vir jou lewensvreugde gee… Moenie tyd mors op die onbenullighede nie… Mens is meer spyt oor die dinge wat jy NIE gedoen het nie, as die dinge wat jy wel aangepak het… Vat daai kans… Met God in beheer – sal Hy sorg…

Blessings!



No comments: