Sunday 5 February 2012

Once you choose hope, anything's possible. ~ Christopher Reeve

Haloes! :)


Once you choose hope, anything's possible. ~ Christopher Reeve

Hebrews 13:5

God has said: I will not in any way fail you, nor give up on you, nor leave you without support… I will not, I will not, I will not in any degree leave you helpless nor forsake nor let you down, nor relax my hold on you! Assuredly not!

Lukas 1:37

“Niks is vir God onmoontlik nie…”

Hope is putting faith to work when doubting would be easier. ~Author Unknown

A little girl and her father were crossing a bridge. The father was kind of scared so he asked his little daughter, "Sweetheart, please hold my hand so that you don't fall into the river." The little girl said, "No, Dad. You hold my hand." "What's the difference?" Asked the puzzled father. "There's a big difference," replied the little girl. "If I hold your hand and something happens to me, chances are that I may let your hand go. But if you hold my hand, I know for sure that no matter what happens, you will never let my hand go." ~ Forward email

Hoe ongelooflik is hierdie storie nie!! Dit het my net weer laat besef – al is ons onttrou, God bly getrou… Al sukkel ons om vas te hou aan God se hand – Hy sal ons hand NOOIT los nie… Hy is ELKE dag, 24/7 by jou… Hy stap saam met jou waar ookal die lewe jou neem, of watookal die lewe oor jou pad stuur… Hierdie storietjie het my laat dink aan daardie klimrame wat ons beklouter het toe ons klein was… Daardie wat jy aan jou arms hang en van die een punt na die ander klouter deur jou een hand voor die ander te sit… Baie keer raak mens se hande so seer van vashou, en kry jou arms daardie spelde naalde gevoel, dat jy die balkie moet laat gaan, en dan weer op jou voete / agterent te lande kom op die gras. Om weer die klimraam aan te durf, sal jy gevoel in jou arms en hande moet kry – deur dit te rus… Die volgende keer kan jy dalk bietjie verder kom, soos wat jou arms geoefen raak, en jy sterker raak…

Die lewe is dieselfde… Ons gaan party dae van die “klimraam” afval as gevolg van die uitdagings wat oor ons pad kom… Ons hande wat nie meer kan vashou nie, omdat ons geen gevoel meer in ons arms het nie aangesien ons so verbete vashou aan die plankie… God staan en wag onder die klimraam om jou te vang wanneer jou arms jou nie meer kan dra nie… Hy sal jou nie ‘n OOMBLIK alleen laat nie… Hy is daar… Miskien is jy bang vir die week of volgende weke wat voorlê… Ek wil vanoggend vir jou sê - Maak nie saak WAT jy hierdie week tegemoet moet gaan nie – God sal jou nooit los nie… God is GROTER as ENIGE iets wat jy op die oomblik deurmaak… Matt Redman sing – “Even though I walk through the valley of the shadow of death, Your perfect love is casting out fear… I will fear no evil, for my God is with me… And if my God is with me, whom then shall I fear? O, no, You never let go, through the calm and through the storm… O no, You never let go, in every high and every low… O no, You never let go - Lord, you never let go of me…”

God sal jou NOOIT los nie… Weet dit die week! Hy is reeds daar waar jy Hom nodig het, en Hy sal jou beskerm teen ALLE gevaar… Hou net joune in Syne – Hy sal jou krag wees, en Hy sal uitkoms bring… Wag net op Hom…

Mag jy 'n pragtige week he!

blessings!! :)

No comments: