Monday 20 February 2012

“One minute you might be standing on solid ground, the next minute you are not…” ~ Greys Anatomy

Haloes! :)
“One minute you might be standing on solid ground, the next minute you are not…”   ~ Greys Anatomy
Jeremiah 33:3
“Call to me and I will answer you, and will tell you great and hidden things that you have not known…”
Isaiah 41:10
“Fear not, for I am with you…  Be not dismayed, for I am your God…  I will strengthen you, Yes, I will help you…  I will uphold you with my righteous right hand…”
“GENADE IS `n reusewoord. Amper TE GROOT om te verstaan. Omdat genade ons OORMAAK:  Genade is iets wat eenvoudig gegee word. Genade neem die onbruikbare stukkies van ons laslappielewe en werk dit, nog voor ons vra, aanmekaar in pragtige heelwees-prentjies. Dit neem die hart wat deur die modder gesleep is hemelse wassery toe en hang dit weer - silwerskoon en netjies gestryk - op diehanger van die lewe. Dit maak moedeloses weer mense van hoop, verander bitterheid in vergifnis en herskep verlorenes in Ewigheidskinders. Deur genade word `n troostelose toekoms omskep in `n lewe wat uitsien na more.
Goddelike genade stel nie voorwaardes nie, het nie verwagtinge nie, deel nie reels uit nie en verwyt nooit nie. Dit sę: Ek het jou lief net soos jy is. Jy hoef nie `n eers-mens te wees nie: iemand wat eers moet doen, werk, lyk, gee en dien nie. Ek gee aan jou My vergifnis, aanvaarding en liefde terwyl jy is wat jy is. Want Ek het gekom om uitgetorringde lappiesmense se lewe aanmekaar te werk tot `n hemels…  Eenheid. God se genade is te groot om te verstaan. Tog is dit waaroor ons geloof gaan. Waaroor die liefde, die lewe en die ewigheid.  Saam met Christus gaan.  Gelukkig hoef ons nie eers die omvang van God se gee-genade te begryp voor ons dit aanvaar nie. Ons kan dit, wat so onvoorwaardelik aan ons geskenk word, maar net met dankbaarheid omarm en ons eie maak…”  ~ Forward email
Die lewe het ‘n manier om baie vinnig die mat onder ons voete uit te ruk!  Jy kan nog een oomblik dink dat jy weet waarheen jy oppad is, net om die volgende oomblik so ‘n “curveball” te ontvang, dat dit jou weer heeltemal van koers afgooi!  Is jou hart dalk stukkend of seer vanoggend omdat die lys dinge wat jy het om uit te sorteer, te hanteer en te probeer sin van maak net te lank is?!  As dit jy is, wil ek jou sê – lees hierdie stukkie van genade weer hierbo…  Plak dit vandag vir jou iewers op waar jy dit elke oomblik kan sien!  God kan jou hart weer heelmaak, wanneer jy Hom al die stukke gee…  Met superglue sal Hy jou heelmaak, sodat jy nie ‘n beduidenis kan sien van 'n lyn waar die stukkendheid geloop het nie…  God stel ook geen voorwaardes om jou te aanvaar nie – Hy het jou lief NES jy is!  Foute en al!!!  Jy is geskape volgens Sy beeld…  HY is nie ‘n God wat foute maak nie – Hy wil jou gebruik, NES jy is, om ‘n blessing te wees vir die mense rondom jou…  Sy genade is ELKE oggend vir jou NUUT!  Hy gee aan jou genade, genoeg vir ELKE dag…  Dis soos wat jy jou kos daagliks eet…  Deur vandag 3 keer soveel te eet as gewoonlik, sal nie voorkom dat jy môre nie honger raak nie…  Net so, deur vandag God se genade te neem vir jouself, en môre weer op jou eie bene te probeer staan, gaan nie werk nie!  Soos ons daagliks kos nodig het, om onsself te voed, so het ons DAAGLIKS ons Hemelse Vader nodig, om ons te voorsien van krag, ons te vul met energie, en ons te behoed en te bewaar, WAAR ons ookal gaan…  Raak sommer nou stil daar by ons Pa, en gee aan Hom, al die dinge wat jou so pla...  Hy is baie groter, en sterker as ek en jy...  Kom ons vertrou - let Go, and be astonished at what God can do!! 
"God sal jou seën en jou beskerm…  Hy sal tot jou redding verskyn, en jou genadig wees…  Hy sal JOU GEBEDE VERHOOR, en aan jou Sy vrede gee… "(Numeri 6:24-26)
Blessings!

No comments: