Thursday 16 February 2012

Courage is being afraid but going on anyhow... ~ Dan Rather

Haloes! :)


Courage is being afraid but going on anyhow... ~ Dan Rather

Jesaja 54:10

“Want die berge kan padgee en die heuwels verdwyn, maar my liefde vir jou sal nooit verander nie… En my verbond van vrede sal nooit gebreek word nie,” sê die Here wat jou liefhet…

Fillipense 4:6

“Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles… Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat hy doen… As julle so bid, sal julle God se vrede beleef… Hierdie vrede is wonderliker as wat ‘n mens ooit kan dink!”

I am always doing that which I cannot do, in order that I may learn how to do it... ~ Pablo Picasso

“Ek wandel in gebed… Ek bid terwyl ek loop, wanneer ek gaan slaap en wanneer ek opstaan, en die antwoorde kom altyd…” ~ George Muller

Dit was die afgelope tyd so koud, dat die water in die gragte gevries het hier in Amsterdam, en dat die mense yskaats op die gragte! Ek’t dadelik gedink – skaats op die grag?! Die eerste ding wat mens “imagine” is dat dit soos ‘n yskaatsbaan is… Dit is soortgelyk, maar die ys is nie eweredig nie… Daar is ook dele wat sneeu stukke op dit het – en ook dele met gladder en meer onstabiele ys… Nie net ‘n plein sailing oefening nie J

Ons lewe is ook soos dit… Daar is stukke wat die “skaats” maklik kom en wat ons elke oomblik geniet! Maar ook dele waar daar oneweredige, gladde stukke inkom, wat ons heeltemal van ons ewewig afgooi! Wat kan maak dat ons gly en val, en seerkry… Daar kan ook stukke kom waar die ys heeltemal meegee, en ons pad totaal gebroke is… (Het 'n storie gelees in die koerant hier van 'n ou wat deurgeval het, want die ys was nog nie dik genoeg gevries nie :))... Dat ons dalk nie meer weet watter rigting om in te slaan, of watter keuses om te maak nie, omdat niks wil uitwerk wat ons aanpak nie… Of dat ons so “embarrassed” is wanneer ons “val op die ys en ons hele broek nat is vir die wêreld om te kan sien…” Moenie worry oor mense nie – dit bly net mense!! So what as hulle praat oor wat jy doen? Ek sê altyd – as mense oor my praat, is ek bly dat ek belangrik genoeg is vir hulle om oor my te worry J Waar jy jouself ook al vanoggend bevind – God is langs jou… Hy het jou oneindig lief!! Soos Psalm 46 hierbo sê – niks wat jy doen, of wat met jou gebeur, sal God se liefde vir jou verander nie… ons krag lê dikwels in ons swakheid… God se krag, word ten volle ten toon gestel in ons swakheid… Wanneer ons moeg is, hernuwe Hy ons krag sodat ons op arendsvlerke kan vlieg (Isaiah 40:31 - but those who hope in the LORD will renew their strength. They will soar on wings like eagles; they will run and not grow weary, they will walk and not be faint.)

Die dominee het nou die dag nogals ‘n waarheid gespreek! Gewone voëls moet hulle vlerke aanhou klap om te kan beweeg, terwyl ‘n arend net sy vlerke uithou en sweef op die wind… God sal jou so sterk maak, soos ‘n arend, en jou vul met die krag wat jy nodig het, sodat jy net op arendsvlerke kan sweef… Hy is daar om jou te kom vul met nuwe hoop, en nuwe krag vir die dag van môre…

Blessings!

No comments: