Wednesday 22 February 2012

“Sometimes it takes a huge loss to remind u what you care about the most…” ~ Greys Anatomy

Haloes! :)
“Sometimes it takes a huge loss to remind u what you care about the most…”  ~ Greys Anatomy
Psalm 115:11-13
“Julle almal wat die Here dien, vertrou op die Here!  Hy is julle helper, Hy is julle skild…  Die Here dink aan ons en seën ons…  Hy seën die volk van Israel, Hy seën die huis van Aäron…  Hy seën hulle wat die Here dien, sowel klein as groot…”
Deuternomium 31:6
“Wees sterk en hou moed!  Moenie vir hulle bang wees nie!  Die Here julle God sal met julle wees…  Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie verlaat nie…”
Though no-one can go back and make a brand new start, anyone can start from now and make a brand new end… ~ Author Unknown
The greater the obstacle, the more glory in overcoming it… ~ Moliere
Daar staan geskrywe in Ephesians 3:20 – “Now to Him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to his power that is at work within us, to Him be the glory in the church and in Christ Jesus throughout all generations, for ever and ever!  Amen…  Dis ‘n vers wat my deur ENIGE iets kry…  Ek is seker elkeen van julle het al iets verloor wat vir julle kosbaar was…  Of dit nou ‘n geskenk was, of vriende, finansiële sekuriteit, gesondheid, werk, ‘n geliefde? – die feit van die saak bly staan – dis nooit maklik nie…  En elkeen hanteer verlies anderste…  Partykeer besef mens eers die waarde van iets wanneer jy dit verloor het…
Ek dink dat wanneer ons iets verloor – is die eerste vraag wat by mens opkom – “hoekom laat God dit toe in my lewe?!”  En as jy nou dink – sê my Anel!  Gee my die antwoord oor HOEKOM!?!  Moet ek jou teleurstel vanoggend – want ek weet self nie J  Wat ek wel weet is dat wanneer mens deur groot verlies gaan in jou lewe – dit jou oë oopmaak vir dit wat werklik belangrik is…  Dit laat jou waardeer wat jy het, en baie keer laat dit jou meer voluit lewe…  Ek dink wanneer ons net bestaan, en van dag tot dag voortgaan, verloor mens baie keer perspektief met waaroor die lewe eintlik gaan…  Ons stel uit, ons maak mense seer, omdat ons dink dat daar nog baie tyd sal wees om reg te maak, tyd te maak… 
Verlies laat my dink aan die gelykenis van die verlore muntstuk…  Die vroutjie wat die muntstuk verloor het, en die huis omgekeer het totdat sy dit weer gevind het!  Sy het aanhou soek, en God het voorsien…  Dis my boodskap vandag vir jou met wanneer dinge nie loop soos wat jy dit beplan het nie – hou aan soek vir God…  God sal voorsien…  Hy sal die dinge wat so deurmekaar is, weer in plek laat val…  Wanneer die tyd reg is…  En soos een van my vorige dominees altyd gesê het – Hy sal jou verleentheid omskep in ‘n geleentheid…  Uit jou moeilikheid, sal seën voortvloei…  Hy wil jou gebruik, as ‘n Lig vir die Koninkryk , sodat verandering in ANDER se lewens, deur JOU storie, kan plaasvind!
Blessings!

No comments: