Wednesday 8 February 2012

Take wrong turns... talk to strangers... open unmarked doors... ~Randall Munroe

Haloes! :)
“Take wrong turns. Talk to strangers. Open unmarked doors. And if you see a group of people in a field, go find out what they are doing. Do things without always knowing how they'll turn out. You're curious and smart and bored, and all you see is the choice between working hard and slacking off. There are so many adventures that you miss because you're waiting to think of a plan. To find them, look for tiny interesting choices. And remember that you are always making up the future as you go.”
Randall Munroe
Fillipense 4:13

"Ek is tot alles in staat deur Hom wat my die krag gee..."

Psalm 20:5-7

"Mag die Here u gebed verhoor op die dag van nood, mag die Naam van God van Jakob U beskerm.
Mag Hy u gee wat u hart begeer, en al u voornemens laat geluk. Ons sal juig oor die oorwinning en in die Naam van ons God die vaandels ontplooi. Mag die Here alles gee wat U vra. Dit weet ek, die Here sal aan sy gesalfde die oorwinning gee!"

"Dit is belangrik om te weet dat jy tot soveel meer in staat is as wat jy dink jy ooit kan wees..." ¬ Anoniem

"Die pad na sukses is altyd onder konstruksie..." ¬ Anoniem

"Sukses besoek jou 'n uur, teëspoed kuier vir 'n maand..." ¬ Arabiese spreekwoord

My gebed vanoggend vir jou, is dat Psalm 20:5-7 sal waar wees in jou lewe... Iets wat ek mense gereeld hoor sê, is: "Alles loop net verkeerd... Hoe harder ek probeer, hoe meer voel dit ek verloor beheer... Dit was eers ietsie kleins wat verkeerd gegaan het, maar dis elke keer bietjie groter, bietjie groter..." Ek dink ons kan baie keer die gevoel kry van iemand wat op 'n strand sit, en sien hoe 'n reusegolf naderkom... Hoe meer ons probeer om daarvan weg te hardloop, hoe vinniger haal dit ons egter in...

Ek ken nie jou situasie vanoggend nie, maar ek ken jou Hemelse Vader... En ek WEET, dat WONDERS doen, Sy "middle name" is :)... Hy het al op die water geloop, en ek weet dat Hy 'n brander wat na jou oppad is SAL kan stop, en die water 'n ander rigting sal kan laat inslaan... Ek weet ook, dat ons partykeer SELF probeer om kop bo die water te hou... Dat ons SELF die branders probeer aanvat, en SELF probeer swem... Ons neem nie altyd die uitgestrekte hand wat God na ons toe uithou aan om ons te help nie... Ek dink dat die grootsheid van ons situasies, ons gedagtes so oorheers, dat ons nie eens kan sien dat God by ons is, wanneer ding op sy donkerste voel nie... Ek wil jou uitdaag vanoggend om op te hou water trap, en spartel... Die reddingsboei wat Jesus vir jou uitgegooi het - naamlik GEBED, is 24/7 tot jou beskikking... Jy moet net op jou knieë gaan, en met Hom praat... As jy sukkel om die woorde te vind, vra iemand wat jy vertrou om saam met jou te bid... En die beste van ALLES is, dat jy dit op ENIGE plek kan doen... Hy is nooit te besig vir jou nie!! God sê in Sy woord, daar waar twee of meer oor iets saamstem, daar is Hy en SAL Hy voorsien en sorg... Ek het al baie gevind dat sodra 'n mens ophou om bekommerd te wees, en ophou om dinge self te probeer doen, is dit gewoonlik die draaipunt, wanneer die dinge in plek begin val... Ek bid dat dit vir jou so sal wees!! Moenie te bang wees om 'n keuse te maak vir "wat as" dit 'n verkeerde ene is nie... Maak foute - solank jy net VOLUIT LEEF!!!!
blessings!
 

No comments: