Thursday 2 February 2012

“If you are tired of starting over, stop giving up!”

Haloes! :)


“If you are tired of starting over, stop giving up!”

Jesaja 54:10

“Want die berge kan padgee en die heuwels verdwyn, maar my liefde vir jou sal nooit verander nie…”

Jesaja 41:10

“Moenie bang wees nie, want Ek is by jou… Moenie ontsteld word nie, want Ek is jou God… Ek maak jou sterk, Ek wil jou help, Ek hou jou vas met my reddende hand…”

“You, me or nobody is gonna hit as hard as life… But it ain’t about how hard ya hit… It’s about how hard you can hit and keep moving forward… How much you can take, and keep moving forward… That’s how winning is done…” ~ Rocky Balboa

Pain is temporary. It may last a minute, or an hour, or a day, or a year, but eventually it will subside and something else will take its place. If I quit, however, it lasts forever - Lance Armstrong

Ek is seker elkeen van julle het al teleurstelling beleef in jou lewe?! Dat jy SO hard werk vir iets en al jou kragte inspan, net om op nommer 99, dit nie te kry nie… Of dat jy by die werk, deurdat jy nie doen wat die meerderheid doen nie, benadeel word… of so hard swot, en dan nie die eksamen deurkom nie… Of jy aan sport deelneem, en by die laaste rondte van die kampioenskappe uitval… Of teleurstelling in liefde ervaar deurdat die persoon wat vir jou die wêreld is, net nie dieselfde voel oor jou nie… Ek dink almal van ons het al ten minste een (indien nie almal!) van die genoemde situasies beleef… Teleurstelling is nie lekker nie! Tog, vir ons om harder te baklei vir dit wat ons wil hê, is iets soos teleurstelling nodig… Dit help ons om sterker te word, en om werklik op te staan vir dit waarin ons glo en dit wat ons wil hê of bereik…

Baklei jy vir dit wat jy wil hê? Of staan jy maar terug en laat jy die lewe toe om sy gang te gaan? God laat dinge ultimately gebeur soos wat dit moet, en ek glo dat ons opeindig daar waar ons moet wees, en daar waar God ons wil gebruik en waar ons ultimately die meeste seën vir ons lewe sal ontvang… Spreuke 16:3: “Alles wat jy doen moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag…” MAAR, God het aan jou ‘n geskenk gegee toe jy gebore is – ‘n VRYE wil, om keuses te kan uitoefen! En Hy wil jou seën met daardie dinge… Maar ons kan nie net terugsit en hoop iets gebeur nie, ons moet bereid wees om te veg vir dit wat ons wil hê… Partykeer moet mens ‘n baie langer pad as ander mense stap om daardie drome te verwesenlik, maar wanneer jy dit uiteindelik regkry, deur God se genade, en Hom wat jou in staat stel om dit te doen – is daar geen woorde wat kan beskryf WATSE blessing dit is nie… Jy onthou die helfte van die tyd nie hoe hard jy moes werk / baklei vir dit wat jy wou hê nie… Al moes jy 100keer teleurstelling deurmaak, die feit dat jy 101 keer baklei het – is wat aan jou die ultimate oorwinning gaan gee! Aanhouer wen!! Moenie dat die eerste spoedhobbel jou laat tou opgooi nie!! FIGHT! God sal aan jou die oorwinning besorg – wanneer dit Sy tyd is… En die blessings wat jou kant toe gaan kom – is onbeskryflik… Bid vir God se tyd, en wees bereid om te veg, en te WAG :) 'n Se-ding wat my een vriendin by my ingedrill het is - Good things comes to those who wait! Believe it!!

Hoop jy sal 'n pragtige daggie he!!! Vol van God se rykste blessings :)

Blessings!

No comments: