Wednesday 15 February 2012

Faith is putting all your eggs in God's basket, then counting your blessings before they hatch. ~Ramona C. Carroll

Haloes! :)
Faith is putting all your eggs in God's basket, then counting your blessings before they hatch.  ~Ramona C. Carroll
Psalm 40:2
“Ek het met hunkering op die Here gewag…  Hy het afgebuig en my geroep gehoor…”
Psalm 91:9-12
“As die Here jou toevlug is, as die allerhoogste jou skuilplek is, sal geen kwaad jou tref en geen ramp naby jou tent kom nie…  Want Hy sal sy engele beveel om jou op al jou weë te beskerm…  Hulle sal jou op die hande dra sodat jy jou voet nie stamp nie… 
“Wees verseker:  As jy saam met God wandel en na Hom kyk vir leiding en hulp, sal Hy jou nooit in die steek laat nie…”  ~ George Muller
Faith is the bird that sings when the dawn is still dark.  ~ Rabindranath Tagore
Ek’t vanoggend ‘n persoonlike getuienis om te deel met julle…  Hierdie aanhaling van die voëltjie het my daaraan laat dink…  Ek’t so 2 jaar gelede gestudeer vir my laaste raadseksamen om my kwalifikasie te behaal…  Dit was die tweede keer wat ek die eksamen moes gaan skryf, en natuurlik is mens dan nog meer bang, omdat jy dit reeds een keer nie gemaak het nie…  Ek het die eerste keer my beste gegee, super hard geleer- daar was letterlik niks wat ek meer kon doen nie…  Hoekom sou die tweede keer dan nou anders wees??
My kursus was in totaal 7 jaar, en ek belowe jou – dit was die tipe kursus wat my op my knieë gehou het J  Ek’t dus weer begin leer, met toewyding…  Daar het hierdie unieke voëltjie by my begin kuier…  Elke oggend het ek wakker geword, en dan sou ek hoor te-twiet, te-twiet…  Ek sou dan die dag begin, swot, en ek belowe – soos klokslag, as ek bang word, of iets nie kon regkry nie, het ek hierdie voëltjie gehoor buite my ruit – te-twiet, te-twiet…  Ek’t soveel verse van bevestiging die hele tyd wat ek geswot het, dat God my nie in die steek sal laat nie, my nie verlaat nie…  Ek moet net glo en vertrou…  Die oggend voor ek moes gaan skryf het ek wakker geraak, en was dit die begin van griep wat my getref het…  My keel was so seer, en ek het net sommer super goor gevoel…  Te-twiet, te-twiet…  Ek’t sommer net geweet – soos Fillipense 4:13 sê – “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee…”  Ek’t daardie dag geweet – my liggaam is nie sterk genoeg om hierdie eksamen op my eie te gaan skryf nie…  Dit was twee drie-uur vraestelle (9h-12h en weer 2h-5h)…  Ekt besef - ek sou net my hand in God s’n moet sit, en vertrou dat Hy aan my die insig sal gee om hierdie te kan doen…  Ek’t daardie dag seker die meeste Halls van my lewe geëet, maar God het my regop gehou, vir 6 ure J  Die oggend vraestel was ok, maar die middag vraestel was ‘n nagmerrie…  ek’t nie baie goeie moed gehad toe ek daar uit loop nie…  Ek’t net besluit – dis verby, so sit dit nou agter jou, en vertrou…  God het heeltyd belowe Hy is daar, en Hy sal voorsien – op Sy tyd… 
 Die voëltjie het stil geword na ek my eksamen geskryf het, en my lewe het aangegaan vir die 3 maande waarin ek moes wag vir die uitslae…  Ons uitslae het die laaste week van Februarie om 16:00 (op die kop:)) uitgekom...  Dis 'n lang wag :)  Die week voor die uitslae moes kom, het my voëltjie weer Sy opwagting gemaak!!  Elke dag daardie week van die uitslae het ek gehoor – te-twiet, te-twiet!!!  Die uiteinde van die lang storie was dat ek die eksamen geslaag het…  Nie deur my krag nie, maar deurdat ek op God vertrou het, en dit net totaal en al oorgegee het in Sy hande…  Dit is ‘n lewensles wat ek geleer het deur daardie eksamen…  Op ons eie, kan ons niks doen nie…  Die probleme waarmee ons gekonfronteer word, is te groot vir ons om op ons eie ‘n oplossing te kan kry / op ons eie te hanteer…  Ons het nie die antwoorde op die tientalle vrae waarmee ons daagliks gekonfronteer word nie...  Maar wanneer ons ons vertroue in God stel – SAL HY ONS NIE TELEUR STEL NIE!!  Hy bring genesing vir siektes, liefde vir eensames, uitweg vir finansiele probleme…  Wanneer ons Hom in beheer stel…  Gaan onderstreep Psalm 91 in jou Bybel – God sal jou NIE in die steek laat nie…  Moenie moed opgee nie…  Selfs al is dit vanoggend donker daar waar jy jouself bevind - Jesus is by jou...  Watookal die vraag - Jesus is die antwoord...  Selfs al vat dinge bietjie langer om uit te werk as wat jy sou hoop – hou net aan vertrou…  Jesus sal jou nie in die steek laat nie!!!
Blessings!

No comments: