Friday 10 February 2012

"The task ahead of us, is never as great as the power behind us..." ~ Anonymous

Haloes! :)


"The task ahead of us, is never as great as the power behind us..." ~ Anonymous

Markus 9:23

"As 'n mens glo, is alles moontlik..."

Lukas 18:27

"Jesus het gereageer - Die dinge wat vir mense onmoontlik is, is juis by God moontlik..."

"Obstacles are those frightful things when you take your eyes off your goals..." ~ Henry Ford

"Never look down to test the ground before taking your next step. Only he who keeps his eye fixed on the far horizon, will find the right road..." ~ Dag Hammerskijd

Verbeel jou gou jy is op 'n seiljag... Mens sal lekker vorentoe kan beweeg met wind van agter, die seile gespan en met waters wat nie te ontstuimig is nie... Dit sal van die boot se stuurman afhang hoe die boot gaan beweeg... As daargeen stuurman is nie, sal die boot rondgesleur word sodra daar in rowwe waters inbeweeg word... Die boot sal uiteindelik verwoes word soos die water dit sal meesleur en stukkend slaan... Daar sal niks oorbly nie, want soos ons met die Sondevloed gesien het, is water 'n groot vernietiger... Slegs Noag, sy familie, diere en die ark is bewaar, en dit is slegs omdat God die stuurman en bewaarder van hulle was...

Ek weet nie watter uitdagings vanoggend of die volgende dag, of volgende maand op jou wag nie... Of dit goed is wat jou oneindig bang maak, of dinge wat jou met opgewondenheid vul? Miskien is jy gevul met soveel onsekerheid dat dit alklaar vir jou voel of jy jouself in die oog van 'n storm bevind? Daar is geen uitdaging of storm wat groter kan wees as God nie... Hy sal jou lewensbootjie nie laat flenters slaan teen die rotse of deur die branders nie... Hy sal jou stuur, na 'n veilige hawe (dit wil sê 'n uitkoms vir elke probleem)... Hy is reeds in jou lewensboot... Partykeer word mens net so oorweldig deur stormwaters, dat jy net die storm raaksien, en niks anders nie... God is DAAR! Al voel jy totaal alleen... Pak die lewe aan deur te onthou dat geen taak / probleem of geleentheid, is groter as jou God nie... Hy het immers uit die dood opgestaan - geen mens kon dit al vermag nie... Hy sal vir jou sorg, en jou equip met krag en moed om ENIGE iets suksesvol aan te pak of enige storm deur te sien sodat jy en jou boot, heel anderkant sal uitkom...

Hoop jy sal 'n awesome naweek he!!

blessings!

No comments: