Wednesday 8 February 2012

Run forest run... Weghardloop is nie 'n opsie nie...

Haloes! :)

Run forest run...  ~ Weghardloop is nie 'n opsie nie...

Psalm 108:14
"Met God aan ons kant sal ons oorwin... Hy sal self ons vyande vertrap..."

Sagaria 4:6
"Nie met mag en met krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees sê die Here, die Almagtige..."

"Die enigste plek waar sukses voor werk kom, is in die woordeboek..." ¬ Vidal Sassoon

"Niks misluk so totaal soos sukses sonder God nie..." ¬ Vic Pentz

Ek weet nie of jy dalk op die oomblik in jou lewe ervaar dat jy in 'n "one way" met jou kar ingedraai het, en dat jy net verkeer van voor sien aankom... Dat jy geen uitkoms sien nie, omdat daar in hierdie "one way" geen afdraai, of uitswaai plek is om te verhoed dat die aankomende verkeer jou motor totaal verwoes nie... Die lewe kan baie keer so voel... Een verkeerde afdraai, een verkeerde besluit, kan so 'n groot ongeluk veroorsaak dat jy nie heel ander kant uitkom nie... Die lewe is nie vir sissies nie... MAAR God maak nie sissies nie... Om die makliker roete te kies, soos om te "go with the flow" en om weg te hardloop vir jou probleme, gaan nie vir jou 'n suksesvolle uitkoms gee nie... Alles in ons lewens is kom terug na die KEUSES wat ons maak toe...

En om die regte keuse te kan maak, is om SAAM met God te kies... Bid dat God aan jou die wysheid sal gee om die REGTE keuses te maak... Daar waar jy partykeer verkeerde keuses maak, is dit ook nie 'n trainsmash nie... HOE jy die keuse hanteer, en hoe jy kies om te lewe NA die verkeerde besluit, is wat op die ou end die deurslag sal gee... God kan help om van die verkeerde besluit, die regte uitkoms te gee... Ons moet ons net hou aan Sy woord, en BID dat Hy ons lewe sal rig soos HY dit wil hê... Sodat ons op die ou end, MAKSIMUM seën daaruit kan put... Daar gaan baie dae kom wat jy gaan voel - "wat is nou eintlik die punt?" Ek verstaan nie hoekom God sekere dinge in my lewe toelaat nie... Ek is sommer net lus om 'n tas te pak, en weg te hardloop... Iewers heen waar niemand my ken nie, en waar ek oor kan begin... Jy kan oorbegin NET waar jy is... God is magtig om GROOT wonders te doen... Die wonders wat nie in ons lewens plaasvind, soos ons dit wil hê nie, is baie keer nie 'n gebrek van God om die wonders te kan verrig nie, maar 'n gebrek by elkeen van ons, om te kan GLO dat die wonders moontlik is... Daar waar dit lyk of daar werklik GEEN uitkoms meer is nie, BID - en ek BELOWE jou, as jy geloof in God het om die onmoontlike, moontlik te maak, SAL dit vir jou so wees... Hy belowe dit telkemale in Sy woord... Klim in jou kar, en hou aan ry, selfs al kom die verkeer van voor... God sal 'n pad maak, waar geen pad nog was nie...

Matthew 17:20: "You don't have enough faith," Jesus told them. "I tell you the truth, if you had faith even as small as a mustard seed, you could say to this mountain, 'Move from here to there,' and it would move. Nothing would be impossible."

blessings!

No comments: