Sunday 26 February 2012

Good things come to those who wait upon the Lord… Keep on having faith!!

Haloes :)
Good things come to those who wait upon the Lord…  Keep on having faith!!
Fillipense 4:4-6
“Wees altyd bly omdat julle Christene is…  Ek sê dit weer!  Wees bly!  Laat almal sien hoe bedagsaam julle lewe…  Onthou: die Here kom binnekort…  Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles!  Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen…  As julle so bid, sal julle God se vrede beleef…  Hierdie vrede is wonderliker as wat mens ooit kan dink…  Omdat julle aan Christus behoort, sal die vrede van God julle harte en gedagtes soos ‘n veiligheidswag oppas…”
Numeri 23:19
“God is nie ‘n mens dat Hy sal lieg nie…  Hy is nie ‘n mens wat eskuus sal sê nie…  Het HY al ooit iets gesê wat Hy nie gedoen het nie?  Het Hy al iets belowe wat Hy nie nagekom het nie?”
“Sometimes you are delayed where you are, because God knows there is a storm where you are headed…  Be grateful…”  ~ Mhar
“I am strong, because I know weakness…  I am compassionate, because I have experienced suffering…  I am alive, because I am a fighter…  I am wise, because I have been foolish…  I can laugh, because I have known sadness…  I can love, because I have known loss…  I am a survivor…  Thank you Lord Jesus…”   ~ Anonymous
Daar is niks erger as om uit te sien na iets, wat nog VER in die toekoms lê nie…  Dit kan moontlik vir jou voel of jy uit jou vel uit kan spring van opgewondenheid, maar dat die tyd net nie verby wil gaan nie - sodat dit  waarna jy so uitsien, kan plaasvind nie!  Wanneer mens so lank na iets uitsien, is dit ook gewoonlik in ‘n oogwink verby wanneer die tyd uiteindelik aanbreek! J  Ekt die laaste twee weke nou al op ‘n paar geleenthede dieselfde boodskap gekry, en ek voel ek moet dit met julle deel…  “Good things comes to those who wait…”  God weet WAT jy nodig het, maar Hy weet ook WANNEER jy dit nodig het… 
Ons tyd, is nie God se tyd nie…  Hy gee ons ook nie altyd wat ons wil hê op die tyd wat ons wil hê nie, maar Hy gee ons ALTYD wat ons nodig het, op die tydstip in ons lewe wat ons dit nodig het…  Al wat ons kan doen, is om te vertrou en geduldig te wag…  En te WEET – Hy het jou BESTE belange op die hart!  Elke oomblik, van elke dag!  In Matthew 6:8(NIV), staan daar die volgende:  “ Do not be like them, for your Father knows what you need before you ask him…”  Ek’t die volgende belofte en versekering ook in Spreuke 16:1&3 gekry – “Mens kan planne maak, maar die finale besluit kom van die Here af…  Alles wat jy doen, moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag…”  Ons weet nie die hoekoms en die waaroms van hoekom sommige goed wat ons so graag wil hê, net nie vir ons uitwerk nie…  Maar God weet…  God se wil, en plan vir jou lewe, is baie groter as wat jou eie plan vir jou lewe ooit sal wees…  Wanneer deure toemaak op jou lewenspad (byvoorbeeld – werk wat verloor word, vakke wat gesleep word, vriende wat jou seermaak, verhoudings wat nie uitwerk nie; siekte wat jou oorweldig – die lys kan eindeloos lank wees), wil ek hê jy moet weet – God het groter en beter dinge vir jou in store!   Waar jy tans is, en wat jy tans ervaar,  is net ‘n “stepping stone” na iets groter en beter…  Bid vir God se wil in jou lewe!!  In Openbaring 3:8 belowe God verder:  Ek ken jou handel en jou wandel…  Kyk, Ek het ‘n geopende deur voor jou gegee en NIEMAND sal dit kan toemaak nie…”  Al maak 100 deure in jou gesig toe, God sal sorg dat deur nommer 101 vir jou oopgemaak sal word!!  God sal voorsien – in ALLES wat jy nodig het…  Hy sal jou seën, met Sy wil vir jou lewe…  Hy sal deure oopmaak wat niemand kan toemaak nie, en Hy sal jou nie ‘n OOMBLIK verlaat in die proses nie…  Wag op God – selfs al is Sy timing anders as joune …  Hy sal jou nie teleurstel nie…
Blessings!

No comments: