Sunday 12 February 2012

Faith is like radar that sees through the fog... ~ Corrie Ten Boom, Tramp for the Lord

Haloes! :)


Faith is like radar that sees through the fog... ~ Corrie Ten Boom, Tramp for the Lord

1 Petrus 5:7

“Werp al julle bekommernisse op Hom want Hy sorg vir julle…”

Lukas 17:6

“Maar die Here antwoord: As julle maar geloof so groot soos ‘n mosterdasaadjie gehad het, sou julle vir hierdie moerbeiboom kon sê: Trek jou met wortels en al uit die grond uit en plant jouself in die see, en hy sou julle gehoorsaam…”

“Sometimes it is easy to serve the Lord when everything is going well… But when it is not going so well, we must still serve and praise Him…” ~ Deon Stegman

“Hope is like the wind… You can’t see it, but you can feel it…” ~ A walk to remember

Ek het twee keer die afgelope week die volgende vers gekry… Romans 8:28 – We know that in all things God works for the good of those who love Him, who have been called according to His purpose… In all these things, we are more than conquerors through Him who loved us…” Jy kan dalk vanoggend dink… Ja, ek het daardie vers al baie gehoor… “Maar daardie is nie vir my geskryf nie, Anél… Dis vir al die ander mense… AS God dit werklik vir my geskryf het, hoekom hou die dinge aan verkeerd loop? Hoekom het ek sulke groot uitdagings wat tans my pad kruis? Hoekom gebeur slegte dinge met my??”

Dis vrae waarmee baie van ons daagliks gekonfronteer word!! En dis super moeilik… Ek dink nie ons menslike brein is groot genoeg om te kan verstaan wat God doen of nie doen in ons lewens nie… Daar het ‘n ander vers by my opgekom toe ek hieroor sit en dink het… Dit is geskryf in Isaiah 55:8 “"My thoughts are nothing like your thoughts," says the LORD. "And my ways are far beyond anything you could imagine…” God werk op snaakse maniere… Maar een iets wat ek verseker weet – is dat dinge altyd uitwerk soos dit moet… Ons eindig ook altyd, daar waar ons moet wees, daar waar God jou wil gebruik… Maak nie saak hoe onseker of moelik of donker die pad is om daar uit te kom nie!! Die geheim is om jou oog op die Lig aan die einde van die tonnel te hou… Want dis God wat voor jou uit loop, om die weg te wys… Ook in hierdie week, of met die uitdaging wat jy tans worstel – Hy sal jou NOOIT verlaat nie, jou NOOIT in die steek laat nie… Hou daaraan vas… Ook aan Sy beloftes in Sy woord… Hy sal jou niks gee wat jy nie met Sy krag sal kan hanteer nie… Hy is net ‘n gebed ver…

My gebed vir jou is dat jy 'n pragtige week sal he!! Vol van God se liefde en groot genade... God het SOVEEL blessings vir jou!!! GLO dit! :)

Blessings!

No comments: