Tuesday 31 January 2012

Compassion can help you get perspective and move you to do great things…” ~ Soul Surfer

Haloes! :)


Compassion can help you get perspective and move you to do great things…” ~ Soul Surfer

Psalm 20:2

“Mag die Here, in tye van nood, antwoord op jou roepstem… Mag die Naam van die God van Jakob jou beveilig teen gevaar… Mag Hy jou te hulp snel uit die heiligdom, en uit Sion jou versterk…”

Psalm 91:14

“Because he loves me, “says the Lord”, I will rescue him… I will protect him, for he acknowledges my name… He will call upon me, and I will answer him… I will be with him in trouble, I will deliver him and honour him… With long life will I satisfy him, and show him my salvation…”

Never look down on anybody unless you're helping him up. ~Jesse Jackson

Kindness is the language which the deaf can hear and the blind can see. ~Mark Twain

Ek het die fliek “Soul Surfer” gekyk, en dit het my ongelooflik geïnspireer! Dis gebasseer op ‘n ware verhaal – en as jy dit nog nie gekyk het nie, sal ek jou sterk aanraai om ‘n plan te maak! Ek gaan nie die storie vir jou bederf nie, maar daar is so 2 goedjies wat ek met jou wil deel… Daar is soveel lewenslesse daarin opgesluit… Een wat ek graag vandag met jou wil deel is die volgende… Maak nie saak HOE sleg dit met jou gaan nie, daar is gewoonlik ALTYD iemand met wie dit slegter gaan! Ek weet dis moeilik om te glo – veral wanneer mens in ‘n moeilike situasie vasgevang is… Ons perspektief en ingesteldheid, is dit wat ons deur die moeilike situasies sal kry… Daar het iets met die meisie gebeur wat haar hele lewe omgedop het… Sy het basies alles verloor wat vir haar kosbaar was, want dit wat met haar gebeur het, sou haar noodsaak om sy haar lewensdoel / droom moes opgee… Net daarna het hulle vrywilligers benodig om te gaan uithelp in Phuket, net na die groot tsunami alles verwoes het daar… Die perspektief wat die meisie gekry het toe sy gesien het dat daardie mense werklik ALLES verloor het wat hulle gehad het – hulle huise, families, vriende - ALLES wat vir hulle kosbaar was, het haar ‘n ander ingesteldheid ten opsigte van haar situasie gegee…

Daar is ook so ‘n stuk gewees waar die Sondagskoolklas na prente moes kyk – wat ingezoom was, en dan moes identifiseer wat dit was… Dit was onmoontlik om te sien, omdat die foto met die “zoom” aan, heeltemal verwronge was… Sodra daar uit die foto gezoom was, deur 'n tree terug te gee, was die prentjie baie helder en duidelik... Die boodskap in dit was – ons sien partykeer nie die groot prentjie nie, omdat ons so gefokus is op die probleem… Dit het my laat dink… Wanneer mens nie die groot prentjie sien nie, en so fokus op die probleme, raak die probleem heeltemal verwronge! Ons gedagtes maak dinge partykeer baie groter as wat dit is, omdat ons onsself oor ‘n mik bekommer… Ons praat onsself ook so bang, dat ons nie weet hoe daar uitkoms gaan kom nie... Ons probeer self oplossings vind daarvoor, terwyl ons net moet fokus op ons Hemelse Pappa… Wat daar is vir ons, en wat ENIGE probleem kan omswaai in ‘n blessing… Dit gaan oor HOE ons kyk… En WAARNA ons kyk… Jesus sal ons help, om te fokus op die deel wat saakmaak… Dit waarmee jy op die oomblik worstel / wat oor jou pad kom – gee dit vir jou Hemelse Paps! Hy SAL sorg! Hy sal die dinge in perspektief vir jou sit, sodat jy JOU moeilikheid kan aanwend om ‘n blessing vir die rondom jou te wees! Jy sal nie verniet deur die trials van die lewe hoef te gaan, sonder dat God dit vir ‘n groter doel sal gebruik nie! Hebrews 13:5 "God said: I will not in any way fail you, nor leave you without support... I will not, I will not, in any degree leave you helpless nor forsake you nor let you down, nor relax my hold on you! Assuredly not!"

Blessings!

No comments: