Sunday 2 October 2011

Somebody call 911...

Haloes! :)

Somebody call 911…


Psalm 9:11

“Die wat u Naam bely, vertrou op U, want niemand wat U soek laat U in die steek nie, Here…”

Psalm 9:10

“Die Here is ‘n skuilplek vir die onderdrukte, ‘n toevlug in tye van moeilikheid…”

“We would accomplish many more things if we did not think of them as impossible…” - Vince Lombardi

“It always seems impossible until it’s done…” ~ Nelson Mandela

As jy in GROOT moeilikheid is, wat doen jy? Gewoonlik sal jy iemand bel wat jou kan help… En in uitsonderlike gevalle wat gewone mense of vriende nie in staat is om jou te help nie – soos bv met inbrake / rooftogte / hijackings ens, bel jy die polisie… In Amerika – is die noodlyn 911… Rescue 911 (baie ou program) was altyd so ‘n intense program vir my, om te sien hoe mense werklik in groot moeilikheid is, en hoe die telefoon operateur dan die persoon probeer rustig maak, en net te verseker dat hulp oppad is, en dat hulle net moet vasbyt… Die persoon het baie keer op die lyn met die persoon gebly, totdat hulp opgedaag het om die persoon uit die moeilikheid te help…

Ek het net gister met my boetie gepraat, en hy sê toe vir my – lees Psalm 9:11… Hoe AMAZING is dit nie?!?! Psalm 9:11 – kan as’t ware ons “noodlyn” hemel toe wees… Dis ‘n ongelooflike boodskap wat God vir ons gee… Ons moet net aanhou glo en vertrou, God sal ons nie in die steek laat nie… Maak nie saak wat gebeur nie… Al voel ons – sjoe! Ek’t NOU hulp nodig!!! Ek weet nie wat om te doen nie… Alles voel soos doodloopstrate… Ons gebed hemel toe, is soos ‘n 911 oproep… “Die operateur” nl Jesus, is heeltyd by ons, terwyl ons WATOOKAL moet face… Hy sal nie die “foon” neersit / nie na jou luister terwyl jy bid nie… Hy is DAAR – heeltyd…

Ons almal het daagliks verskillende situasies waarmee ons gekonfronteer word, en dis dikwels so dat mens meer uitdagende en moeiliker dae het, as goeie en lekker dae… Weet net wanneer die slegte dae kom – Psalm 9:11, of jou “911” lyn - is OOP hemel toe… En God sal ELKE oomblik, van ELKE LIEWE dag by jou wees… Geen probleem of onmoontlike situasie is te groot vir jou Pa nie… Sy spesialiteit is die onmoontlike…

Blessings!








No comments: