Wednesday 26 October 2011

“Your time on earth is limited, don’t waste it living someone else’s life… Follow your heart, it knows what it needs…” ~ Steve Jobs

Haloes! :)


“Your time on earth is limited, don’t waste it living someone else’s life… Follow your heart, it knows what it needs…” ~ Steve Jobs

Deuternomium 31:6

“Wees sterk en hou moed… Moenie vir hulle bang wees nie! Die Here julle God sal by julle wees… Hy sal julle nie verlaat nie, julle nie in die steek laat nie…”

Spreuke 16:3

“Alles wat jy doen, moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag…”

Always be a first-rate version of yourself, instead of a second-rate version of somebody else. ~Judy Garland

If God had wanted me otherwise, He would have created me otherwise. ~Johann von Goethe

Jy is ‘n unieke brand – “God gemaak”… Jesus het jou op ‘n unieke wyse geskape, omdat die wêreld iemand soos JY nodig het… Dit voel vir my baie keer raak mens so vasgevang in die wêreld, dat mens vergeet wat JY wil hê en ook wie jy is, en leef soos die wêreld van jou verwag om te lewe… ‘n Aanhaling wat ek by my suster gehoor het, en wat my sal bybly tot ek die dag sterf, is “You were born an original, do not die a copy…”

As God wou gehad het dat almal van ons dieselfde moes wees, sou Hy ons almal dieselfde geskape het… Hy het egter vir ELKE persoon ‘n ander tipe persoonlikheid, ander looks, en ander gawes gegee… Hoe GROOT moet God nie wees om soveel verskillende mense, rasgroepe, persoonlikhede ens te maak nie?? En elkeen op ‘n unieke wyse – volgens Sy beeld!! Jy is AMAZING, en ‘n ongelooflike persoon… Moenie dat IEMAND jou iets anders probeer wysmaak nie!!!!! God maak nie flops nie… deur dit te dink, dink ek is dit klaar ‘n klap in God se gesig… As jy dalk moeilike tye beleef op die oomblik, moenie vrees nie… Hierbo is 2 verse om vir jou as inspirasie te dien!! God is in beheer van jou situasie – Hy is groter as ENIGE moeilikheid!!! Moenie “settle” om ander mense tevrede te stel nie, maak besluite, maak foute, maar sorg NET dat jy LEWE! Sorg dat jy UNIEK bly – sorg dat jy getrou aan jouself bly… Moenie iets wees om ander te “please” en jouself in die proses ongelukkig maak nie… Soos Johann von Goethe sê – as God jou anders wou hê, sou Hy jou anders gemaak het…

Blessings!

No comments: