Thursday 6 October 2011

I may not be there yet, but I'm closer than I was yesterday. ~Author Unknown

Haloes! :)
I may not be there yet, but I'm closer than I was yesterday. ~Author Unknown

Fillipense 1:9

“Ek bid dat julle liefde vir mekaar meer en meer sal word, en dat julle ‘n al beter begrip en ‘n fyn aanvoeling sal ontwikkel… Dit sal julle in staat stel om dinge te onderskei wat werklik saakmaak…”

Markus 9:23

“As ‘n mens glo, is alles moontlik…”

Nobody trips over mountains. It is the small pebble that causes you to stumble. Pass all the pebbles in your path and you will find you have crossed the mountain. ~Author Unknown

Problems are not stop signs, they are guidelines. ~Robert Schuller

Een van my gunsteling stukke in die Bybel is die volgende vers: Romeine 5:3-5… Dit sê die volgende: “Dis egter nie al nie… Ons jubel in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons sal leer om te volhard… Op sy beurt, kweek volharding betroubaarheid van karakter, en betroubaarheid van karakter, versterk ons toekomsverwagting… En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het… Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het…” Dis ‘n stukkie wat my al deur taai tye gedra het… My een vriend het een dag – sonder dat hy geweet het dat ek dit nodig het – net hierdie vers vir my gegee… Was ongelooflik, want dit was op daardie dag gestuur vir my, REG uit die Hemel uit…

Die vers het my ook laat besef, dat wanneer ons swaarkry, equip dit ons om weer vir ANDER mense daar te wees wanneer ons weet dat dinge in hulle lewens nie lekker gaan nie… Of waar mense soortgelyke goed face as waardeur ons al moes gaan… Jy hoef nie altyd woorde te hê om mense te bemoedig nie, jy kan net daar wees… Somtyds het mens net nodig om te weet dat iemand uitkyk vir jou, en dat iemand se deur oopstaan… ‘n Ander ongelooflike storie in die Bybel wat hierby aansluit, is van die meisie wat aan bloedvloeiing gely het… Wat SO geglo en vertrou het dat God haar sal genees as sy net aan Jesus se kleed kon vat… Dis SO ‘n voorbeeld vir ons… As jy GLO, kan ENIGE iets… Mens moet partkykeer net struggle deur goed, saam met God, ten einde groei te beleef, en vir God in die volste sin van die woord te ervaar… Die Hollanders hier antwoord gereeld as jy iets vra - "dit kan" :)  Ek wil vanoggend vir jou se - As jy GLO, dan kan dit!  Maak nie saak of jy limitiete het, of te moeg is, of te siek is, of finansieel nie in staat is nie...  Wonderwerke is moontlik as God in jou lewe is!  Jy moet net glo en vertrou, en vashou aan God se beloftes...  En dis verseker nie maklik nie!!!  Soos hierdie aanhaling se, kyk net na die klippie voor jou in die pad, en stap om hom...  Voor jy jou oe uitvee, het jy die hele berg "geconquer"...

Blessings!

No comments: