Thursday 13 October 2011

“To love is to risk not being loved in return. To hope is to risk pain. To try is to risk failure, but risk must be taken because the greatest hazard in life is to risk nothing.” ~ Anonymous

Haloes! :)


“To love is to risk not being loved in return. To hope is to risk pain. To try is to risk failure, but risk must be taken because the greatest hazard in life is to risk nothing.” ~ Anonymous

1 Korintiërs 13:4-7

“Die liefde is geduldig en vriendelik… Die liefde is nie jaloers nie, die liefde blaas nie sy eie beuel nie, is nie vol van homself nie… Dit tree nie onwaardig op nie, stel nie sy eie belange voorop nie, is nie kort van draad nie, hou nie boek van die kwaad wat jou aangedoen word nie… Dit treur oor die onreg wat plaasvind en juig as die waarheid seëvier… Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles…”

“If you are not living on the edge, you are taking up too much space…” ~ Anonymous

It hurts to love someone and not be loved in return, but what is the most painful is to love someone and never find the courage to let the person know how you feel.” ~ Anonymous

Korintiërs 13 is vir my een van die heel mooiste stukke in die Bybel… Dit “astonish” my elke keer as ek dit weer lees… En iets wat ek net weer aan gedink het, is dat al hierdie vereistes van wat liefde is, somtyds vrek moeilik is!!! Gewoonlik as mens moeg, gestress of bang voel, is dit juis die mense wat jy liefhet vir wie jy kwaad word, met wie jy dalk minder vriendelik is, of met wie jy baklei oor hulle foute…

If you are not living on the edge, you are taking up too much space… Hierdie is ‘n ongelooflike aanhaling… Dis so maklik om so te verval in die alledaagse patroon wat jou lewe inneem… Werk, slaap, eet… Ek het ‘n clip van ‘n toespraak gekyk wat Steve Jobs gemaak het by ‘n “graduation ceremony”… Daar het hy gesê – hy vra homself altyd af – DIT wat ek vandag gaan doen, is dit iets waarvoor ek lief is, en wat my gelukkig maak? As dit nie is nie, hoekom sal ek dan kosbare tyd van my lewe mors daarop? Mens moenie goed doen om ander te please nie – net jouself… So baie mense is vasgevang in ongelukkige verhoudings, of huwelike… Baie mense bly by mekaar, omdat hulle bang is om niemand anders te kry nie… God wil NET die beste vir jou hê! Moenie settle vir 2e beste nie… Jy verdien net die beste, en jy verdien om iemand se 1ste prys te wees… Nie ‘n tweede of derde nie…

Neem risiko’s waar dit die liefde aangaan… Hierdie aanhalings is als vir my sulke groot waarhede! As jy waag om lief te hê en van jouself te gee (liefdesverhoudings maar ook vriendskappe), is die kans altyd daar dat jy kan seerky… Ons is almal net mense, met baie foute… Dis dus maklik, sonder dat jy dalk eers probeer! om ander seer te maak…. Maar as jy nooit probeer en jouself oopstel nie, sal jy nooit weet nie… Jy sal nooit daardie ONGELOOFLIKE blessing (vriendskappe, maar ook liefde) wat God vir jou het ervaar, en spesiale oomblikke van die lewe met iemand kan deel nie… “If you crash and burn” het jy ten minste probeer… En dis al wat saak gaan maak aan die einde van jou lewe… DAt jy elke dag PROBEER het om VOLUIT te lewe, dat jy die MEESTE maak van die 86,400 sekondes wat aan jou gegee word en spandeer het saam met mense wat jou gelukkig maak, en ‘n opbouende effek op jou lewe gehad het… Mag jy sommer vandag God se liefde en genade in jou lewe ervaar! Hy is vir jou oneindig lief – met die Liefde soos 1 Korintiërs 13 dit beskryf…

Blessings!

No comments: