Monday 3 October 2011

“Failure will never overtake me if my determination to succeed is strong enough.” - Og Mandino quotes

Haloes! :)


“Failure will never overtake me if my determination to succeed is strong enough.” - Og Mandino quotes

2 Korintiërs 11:30-31

“As daar dan nog grootgepraat moet word, sal ek spog, maar dan veel eerder oor my swakhede… Die God en Vader van die Here Jesus weet – aan Hom kom die lof toe, tot in ewigheid – dat ek nie ‘n leuen vertel het nie…”

2 Korintiërs 12:8-9

“Drie maal het ek de Here gesmeek dat Hy my moet verlaat… Hy het egter vir my gesê, my genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking…”

“Anyone can give up, it's the easiest thing in the world to do. But to hold it together when everyone else would understand if you fell apart, that's true strength.” ~ Anonymous

“Being deeply loved by someone gives you strength, while loving someone deeply gives you courage.” - Lao Tzu quotes

2 Korintiërs 11 is ‘n groot openbaarmaking van alles wat Paulus in sy lewe moes deurmaak teen al sy teenstanders – om op te staan vir dit waarin hy geglo het… Tegnologie word daagliks meer gevorderd… As ons egter kyk oor die eeue heen (van Paulus se tyd tot nou), is daar buiten tegnologie, maar min dinge wat WERKLIK verander het... Daar is steeds mense in tronke (ek glo daar is baie wat onskuldig daar is), finansiële moeilikheid, bekommernisse, siekte, teenslae van die duiwel, spanning, moedeloosheid, ontberings ens… Die lys kan vir ewig aangaan dink ek J

Iets wat Paulus egter vir ons leer, is dat swaarkry nodig is om te kan volhard… Partykeer moet ons op ons heeltemal op ons knieë gedwing word om ten volle op Jesus staat te maak en te vertrou… Sonder dat ons dit altyd agterkom, maak ons tog maar op ons eie kragte staat om dinge “reg” te kry - of dit nou jou werk, skoolwerk, siekte, finansies, blyplek soek, stress, bekommernis – watookal is – God is in beheer van dit... Mense gaan jou DAAGLIKS teleurstel… Al wie jy op kan staatmaak – 24/7 is Jesus… Hy is die enigste persoon wat jou nie sal seermaak nie, maar eerder sal HEELMAAK… Hy is die ENIGSTE persoon wat vir jou uitkoms kan bring, en die ENIGSTE persoon wat jou ALTYD sal back… Maak nie saak wat jy al gedoen het of nog GAAN doen nie… Met Jesus in jou “hoekie” (soos in ‘n bokskryt) sal jy ENIGE fight wen… God se genade is vir jou genoeg… Dit kom JUIS tot VOLLE werking wanneer jy swak is…

Mag jy vandag, sommer daar waar jy nou is, net WEET dat jy ONGELOOFLIK spesiaal is – moenie dat ENIGE iemand jou anders laat glo nie… God het jou SUPER baie baie lief!! En deur Sy genade, is jy tot ALLES in staat!!

Blessings!

No comments: