Tuesday 18 October 2011

“You can’t connect the dots looking forward, only by looking backward…” ~ Steve Jobs

Haloes! :)


“You can’t connect the dots looking forward, only by looking backward…” ~ Steve Jobs

1 Korintiërs 13:12

“Nou sien ons dinge nog net vaagweg, soos in ‘n dowwe spieël, maar eendag sal alles vir ons glashelder wees… Nou verstaan ek net ten dele, maar eendag sal ek ten volle verstaan, soos God my ten volle verstaan…”

Johannes 14:12-14

“Ek verseker julle, wie aanhou om in my te glo, sal ook die werke doen wat Ek doen… Hy sal selfs nog groter dinge as dit doen, omdat ek na die Vader toe oppad is… Wat julle ook al sou vra in My Naam, dit sal Ek doen, sodat die Vader deur die optrede van die Seun verheerlik sal word… As julle enige iets in My Naam vra, sal Ek dit beslis doen…”

Here is the test to find whether your mission on earth is finished. If you're alive, it isn't. ~Richard Bach

Life is not always fair. Sometimes you get a splinter even sliding down a rainbow. ~Terri Guillemets

Onthou julle daardie prentjies wat mens altyd gemaak het toe ons klein was - "connect the dots". Soos jy verskillende kolletjies "connect" kry jy verskillende prentjies... Dis of nommers wat jy tel, of leidrade wat jy het om van een kolletjie na die volgende te beweeg... Wanneer jy na die bladsy kyk voordat jy die kolletjies begin "connect" is dit net 'n bladsy met kolle... Maar sodra jy kolle connect, neem dit vorm aan en begin jy 'n prentjie sien... Jou lewe is dieselfde... Dis onmoontlik om te weet wat môre vir jou gaan inhou… Ek het ‘n aanhaling in ‘n fliek gehoor die ander dag (Fliek: One day) – “Maak nie saak wat môre gebeur / bring nie, ons het vandag…”

Hoe baie vergeet ons dit nie?! EN leef ons so vooruit – soos vir naweke of vakansies, dat ons toelaat dat VANDAG daarmee heen gaan… Ongeleef party dae – net bestaan… Gaan deur die motions om net deur die dag te kom… Hierdie aanhaling van Steve Jobs is vir my ‘n GROOT waarheid!!! Jy kan net sin uitmaak ten opsigte van dinge wat gebeur het in jou lewe wanneer jy terugkyk daarop… Wanneer mens in die middel van situasies of groot gebeurtenisse of veranderinge in jou lewe is, sien mens nie altyd die groot prentjie nie... Wanneer jy egter terugkyk, kan jy sien hoekom sekere dinge moes gebeur het... Hoe die dinge inmekaar pas... Terwyl ons egter besig is om nuwe herinneringe te maak, oftewel besig is om te LEWE ten einde die "dots te connect" moet ons sorg dat ons opkyk, eerder as afkyk...

Wanneer die omgewing dalk bietjie blurry raak, of jy net kolle kan raaksien, moenie moed verloor nie... Jesus is by jou en Hy sal sorg... Maak nie saak hoe jou situasie lyk nie... Die "kolle wat jou lewenspad uitstippel" is elkeen deur Hom daar geplaas vir jou... Hy het elkeen met Sy eie hand uitgekies, en Hy hou JOU hand vas terwyl jy besig is om die kolletjies te verbind… Hy is, was en sal ELKE oomblik van die pad, saam met jou wees!! Mag jy vandag Sy liefde, en beskerming en genade ten volle in jou lewe ervaar!

Blessings!**

No comments: